
Foto: Valke.
Sewe verdagtes het Woensdag in die Tonga-landdroshof verskyn ná hulle vroeër die week deur die Valke vasgetrek is vir die onwettige besit van plofstof.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê dié groep van vyf mans en twee vroue is vasgetrek toe hulle glo mortierbomme in die Tonga-omgewing wou verkoop. ʼn Wenk van die publiek het die Valke op die verdagtes se spoor gesit.
“Die waarde van dié toestelle word op nagenoeg R3,7 miljoen beraam,” het Sekgotodi gesê.
Die beskuldigdes is Monalo Khoza(31), Thulisile Nkomo (39), Sfiso Bonge Shabangu (32), Ronnei Lwazi Shabangu (49), Bheki Shabangu, Godfrey Sempira en Skhumbuzo Khoza (46).
Volgens Sekgotodi dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die toestelle van ʼn buurland afkomstig is.
Die verdagtes is op borgtog van R1 500 elk vrygelaat. Die saak is tot 31 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Hierdie lot maak bymekaar vir ‘n oorlog.
Hoekom op aarde kry sulke mense borg????
Haha net 1% van ons mense is wakker die res gaan op die harde manier leer ware woorde…
Ja, baie vrae rondom die kwessie…
Myne is, waar kom hulle aan die goed?
Verroeste mortiere van R3.7 m? Enige sapper wat die goed sien sal so ver weghardloop dat die duiwel hom nie eers met ‘n verkyker sal raaksien nie….