Sewe vas oor dwelms

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Sewe mense is in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn straatwaarde van R15 miljoen in ʼn hotelkamer in Sandton gevind is, het die Valke Vrydag gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie het Donderdag op 42kg se metamfetamien (tik) beslag gelê. Vier Nigeriërs en ‘n Suid-Afrikaanse man en vrou is in hegtenis geneem.

Volgens Mulaudzi is daar ook 14kg tik in een van die verdagtes se motors gevind. Die polisie het op ʼn voertuig beslag gelê. Die verdagtes, tussen 30 en 51 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.