Sewe mans is Woensdag in Kraaifontein in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die moorde van ses mans in die gebied.
“Die sewe verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, word ondervra,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hulle sal in die Blue Downs-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.”
Van Wyk het gesê hy kan nie verdere besonderhede verskaf nie, aangesien die ondersoek voortduur.
Verbygangers het verlede Dinsdag die ses mans dood aangetref op ʼn plaas naby Kraaifontein. Die polisie vermoed die ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is gestenig. Die mans se hande was agter hul rug vasgemaak en hulle het gesig na onder gelê. Klik hier om meer te lees.