Sewe vas oor Kraaifontein-moorde

Die toneel in Joostenbergvlakte, Kraaifontein waar die liggame van ses mans op 9 Desember 2014 opgespoor is Foto: ENCA

Die toneel in Joostenbergvlakte, Kraaifontein waar die liggame van ses mans op 9 Desember 2014 opgespoor is Foto: ENCA

Sewe mans is Woensdag in Kraaifontein in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die moorde van ses mans in die gebied.

“Die sewe verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, word ondervra,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hulle sal in die Blue Downs-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.”

Van Wyk het gesê hy kan nie verdere besonderhede verskaf nie, aangesien die ondersoek voortduur.

Verbygangers het verlede Dinsdag die ses mans dood aangetref op ʼn plaas naby Kraaifontein. Die polisie vermoed die ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is gestenig. Die mans se hande was agter hul rug vasgemaak en hulle het gesig na onder gelê. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.