Sewe vas oor poging tot moord

Die rewolwer wat die polisie in die verdagtes se motor aangetref het (Crossroads, Kaapstad 24 Desember 2014) Foto: SAPD, Wes-Kaap

Die rewolwer wat die polisie in die verdagtes se motor aangetref het (Crossroads, Kaapstad 24 Desember 2014) Foto: SAPD, Wes-Kaap

Ses mans en ʼn vrou is Woensdagoggend in Crossroads naby Kaapstad in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen.

“Die verdagtes wou veiligheidswagte beroof wat ʼn broodafleweringsvoertuig vergesel het,” het konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, in ‘n verklaring gesê. “Die verdagtes en die veiligheidswagte het op mekaar geskiet.”

Die polisie het die verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle Golf GTI teen ʼn polisievoertuig vasgery het toe hulle wou vlug. “ʼn Rewolwer is in die motor gevind, toegedraai in ‘n kind se pienk baadjie,” het Rwexana bygevoeg.

Die verdagtes, tussen 18 en 28 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Athlone verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.