Sewe vas oor renosterhorings

Argieffoto (Foto: Rhino Horn Auction)

Sewe verdagtes is Woensdag in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die onwettige handel en besit van renosterhorings.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Kuruman-blitspatrollie en veediefstaleenheid was besig met ʼn roetinepatrollie toe hulle twee verdagte voertuie opgemerk het. Die beamptes het omgedraai om ondersoek in te stel, maar een voertuig het toe reeds weggejaag.

Die beamptes het die ander voertuig voorgekeer en die drie insittendes ondervra. Foto’s van renosterhorings is op die verdagtes se selfone gevind. Ander inligting het ook daarop gedui dat die verdagtes vermoedelik by renosterhoringhandel betrokke is en die verdagtes, tussen 27 en 39 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Intussen is die Vryburg-polisie in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir die ander voertuig. Die voertuig is kort daarna naby Vryburg voorgekeer en deursoek.

Twee renosterhorings ter waarde van ongeveer R600 000 is in die voertuig gevind. Drie vroue en een man, tussen 35 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van besit van renosterhoring.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muffin ·

Ek glo daar sal verdere persone in hegtenis geneem word. Puik SAP. Tronk toe met hulle.

Estelle ·

Wel gedaan Kuruman en Vryburg SAPD. Mag ons landswys sulke suksesse beleef teen hierdie sinne-lose stropery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.