Sewe vas vir koperdraad, nagemaakte drank

Die drank waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Dit was ʼn besige oggend vir twee lede van die Harrismith-hoofwegpatrollie wat nie net twee mense vir die besit van nagemaakte drank aangekeer het nie, maar ook vyf verdagtes in hegtenis geneem het vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê die polisie was op patrollie op die N3 toe hulle omstreeks 03:00 ʼn minibussie wat van KwaZulu-Natal na Gauteng op pad was, voorgekeer het.

Gedurende hul inspeksie van die voertuig het hulle op nagemaakte drank ter waarde van sowat R117 000 afgekom.

“Beamptes het beslag gelê op die drank en die minibus vir verdere ondersoek. ʼn Saak van die besit van nagemaakte goedere word ondersoek,” het Makhele gesê.

Sowat twee uur later het dieselfde twee polisiebeamptes ook ʼn verdagte bakkie voorgekeer waarin vyf mense uit die omgewing van Van Reenen na Gauteng op pad was.

“Die beamptes het 463,4 kg opgerolde koperdraad ter waarde van sowat R50 000 in die bakkie gevind.”

Al vyf mense in die bakkie is in hegtenis geneem en ʼn saak van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom word ondersoek.

Die verdagtes verskyn almal Maandag in die hof op Harrismith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Tel die aand klok reëls net vir ons blankes? Lekker in die nuwe SA waar dit net ‘n misdaadhoel is, waar bedrog en moord en dood die nuwe sport is. Dankie ANC cartel pffft vir die gemors van ‘n land!

Atta ·

Dit lyk soos drank, dit ruik soos drank, dit proe selfs soos drank, maar dit maak jou nie dronk nie! ;)

Hennie J ·

Baie geluk en welgedaan julle twee. Tog snaaks wat n mens ontdek as jy net jou werk doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.