Sewe vas vir moord op afgetrede joernalis

Jeremy Gordin (Foto: PoliticsWeb/Twitter)

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die veteraanskrywer en -joernalis Jeremy Gordin (70).

Volgens die Gautengse polisie het beamptes in samewerking met private sekerheidsmaatskappye inligting opgevolg wat hulle tot die sewe verdagtes, tussen 33 en 42 jaar oud, gelei het.

“Die eerste verdagte is Woensdag in Auckland Park in Johannesburg vasgetrek. Hy is in Gordin se motor wat tydens die aand van die moord gesteel is, aangekeer,” lui die polisieverklaring.

Verdere ondersoeke het die polisie later die dag na die ander ses verdagtes gelei.

“Die verdagtes, wat almal buitelandse burgers is, sal na verwagting eersdaags in die landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van moord, huisroof, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.”

Gordin is op 31 Maart in sy huis in Parkview vermoor. Sy huis is geplunder en sy motor en ander items gebuit. Hy was alleen tuis ten tyde van die voorval.

Gordin se vrou, Deborah, was in Kaapstad en kon die aand nie vir Gordin in die hande kry nie. Sy het ’n familievriend gevra om te gaan kyk of alles in orde is en dit is toe dat die vriend op Gordin se liggaam afgekom het.

Gordin se bebloede liggaam vol wonde is op die vloer in die huis aangetref.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet ·

Buitelanders wat die land in stroom om te moor en te roof! Ons word af gemaai en daar is geen einde in sig nie.

George ·

En dis nie net buitelanders nie, Suid Afrikaners is net so lief vir moord

Elméne ·

Ek stem saam met George,!!!! Daar moet ALTYD iemand blameer word – as dit nie Jan v Riebeeck is nie, dan is dit Oranje – o tog en nou word die buitelanders die skuld gegee! My vraag egter: WIE gee die buitelanders die groen lig om in te kom – anc want hulle word ingesmokkel (ja ingesmokkel want GEEN ander land ter wereld gee jou die “vrypas” om te “immigreer” na hulle land nie. Enigste rede daarvoor is, is die “vry en onwettige stemme” waarby die anc adder kadders “baat” en blameer vir misdaa

Sobymykoolkop ·

7 lafaards om EEN ou oom van 70 aan te val en te vermoor, seker dié lafhartigste spesie wat jy kry.

Realis Thailand ·

Ek hoop maar net die sap maak nie n gemors van die ondersoek soos hulle in vele gevalle doen

Amelia ·

is buitelanders so is n groot moontlikheid dat dit ook n gemors sal wees nie

Lillian ·

Onwettige immigrante wat kom moor en roof en dan net eenvoudig verdwyn, en die regering doen absoluut niks daaraan om die toestroming na ons, land te keer nie, want “Africa is for everyone” het ‘n dwelmsmous (Nigeriër) eendag vir my gesê.

Di ·

ALWEER buitelanders maar Hoed reken dis nie immigrante wat veranderwoordelik is vir al die misdaad in die land nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.