Sewe vas vir renosterstropery

Foto: www.rhinoconservation.org

Foto: www.rhinoconservation.org

Sewe mense wat in verband met renosterstropery in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is, het Maandag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.

“Milton Mlambo (33) en Phillip Shitlhangu (29) het op aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, en sameswering om ʼn renoster te stroop, in die hof verskyn,” het brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. Die saak is tot 16 April uitgestel wanneer die twee na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding tot dan.

Die mans is Saterdagoggend omstreeks 02:45 in Gravelotte, Limpopo, in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, ʼn byl en ʼn panga.

Mulaudzi het gesê die ander vyf verdagtes is voorverlede Vrydag buite die wildtuin in dieselfde omgewing vasgetrek. Hulle word aankla van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Doctor Ngwenyama (36) is borgtog van R10 000 toegestaan. Thulani Siwela (28), Given Mashaba (30), Vusi Matsane (45) en Robert Sondlani (38) se saak is tot Donderdag uitgestel, wanneer hulle na verwagting ook gaan aansoek doen om borgtog. Hulle bly in polisieaanhouding tot dan. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.