Sewe vas wat glo kluis opblaas

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense is in Mankweng in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn kluis by ʼn landboukoöperasie opgeblaas het.

“Tien verdagtes in twee voertuie het Saterdagaand by NTK se kantoor ingebreek,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Hulle het die kluis opgeblas en met ʼn paar geldbokse met ʼn onbekende bedrag geld gevlug.”

Die mans is daarna na ʼn huis in Eenheid C, Mankweng, waar hulle glo die bokse met gereedskap oopgebreek het. “ʼn Polisiebeampte wat oorkant die straat bly, en nie in daardie stadium aan diens was nie, het onraad vermoed,” het Otto bygevoeg. “Hy het sy kollegas in kennis gestel.”

Toe die polisie by die toneel opdaag, het drie van die 10 mans weggehardloop. Sewe van die mans het in die dak en kaste van die huis weggekruip. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Mankweng-landdroshof verskyn. Die polisie is steeds op soek na die ander drie mans.

Die polisie het die gereedskap, huisbraaktoerusting en geld op die toneel gekonfiskeer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.