Sewe verkeersbeamptes vas vir ‘korrupsie’

Argieffoto: corruptionwatch.org.za

ʼn Multidissiplinêre optrede deur die Valke in Noordwes en die Padverkeerbestuurskorporasie het tot die inhegtenisneming van sewe verkeersbeamptes van Lichtenburg gelei.

Kapt. Lloyd Ramovha, Valke-woordvoerder, sê hul inhegtenisneming span die kroon op ʼn maande lange projek waartydens die Valke verkeersbeamptes dopgehou het ná aantygings van korrupte bedrywighede op Lichtenburg en omstreke.

Die beamptes het na bewering omkoopgeld van motoriste geëis om hul verkeersoortredings oor die hoof te sien. Sommige ondersoekers het hulle as burgerlikes voorgedoen, wat hulle in staat gestel het om eerstehandse bewyse van die beweerde onregmatige transaksies in te win.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem terwyl hulle aan diens was, terwyl die orige vier by hul huise aangekeer is. Al sewe verdagtes het Dinsdag in die Lichtenburgse landdroshof op aanklagte van korrupsie verskyn.

Wilson Thubaki Nkashe (40), Pusoeng Rosline Letsie (36), Sibe John Lekoma (40), Kebonang Ishmael Khoboni (41), Mxolisi Ronny Mqamqo (35), Olebogeng Daniel Tladi (49) en Tsholofelo Kabelo Molemane-Bogatsu (38) is op R1 000 borgtog elk vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 30 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

tokkie ·

Hulle is seker op spesiale verlof geplaas met volle salaris

HPV ·

Tokkie daarvan kan jy seker wees, hul jaarlikse bonus asook alle byvoordele sal ook steeds in plek wees. Word hulle skuldig bevind word hulle net bevorder tot ‘n ander afdeling.

SjN ·

Snaakse vanne, dit is seker hoekom die borg bedrag so laag is.

Derick ·

Ja voor onafhanklikheid het manne by die polisie en verkeer aangesluit om dit hulle roeping te maak en om die gemeenskap te dien.
Vandag sluit hulle net aan en sien dit maar net as nog n werk met goeie betaling en byvoordele.
Geen trots meer in die uniform nie.

Piet Pompies ·

Uitstekend…. enige persoon wat tans en of in die verlede bedrog gepleeg het loer nou oor sy skouer om te sien of hy dopgehou word.

Willie ·

Ry bietjie in Pretoria rond, julle sal meeste kan toesluit..

chris ·

So ook in Ekurhuleni, vir seker so 90 %.
gee sommer so R 15.00 en hulle is tevrede.
“what do you think how can we resolve this fine, any suggestions”
die algemene lyn

Johan H. ·

Inderdaad snaakse vanne. En hier is ek onder die indruk dat daar n ding is soos regsterllende aksie en bbbeee is. Lyk my dit het nie gewerk nie. Aaaag neee,,,

Hester de Bruin ·

Ja nee nou dat ons dink Kommisioner vat almal vas hul vee hul af sal nooit regkom nog n dooie val

Swannie ·

Ag nee,mense. Sonder HIERDIE byvoordele sal daar geen verkeersbeamptes wees nie.
Ek dink hul vakbond behoort `n staking uit te roep sodat hierdie byvoordele tot amptelike beleid verklaar te word….of nee wag…dit is alreeds amptelike beleid.

Anoniem ·

Die valke moet bietjie ondersoek instel by Ekurhuleni asook Secunda, Kinross en Trichardt. As hulle die klomp hier in Secunda omgewing vang dan sit die dorpe sonder spietkoppe

Moeg ·

Daar is ook BAIE verkeersbeamptes wat eerlik is. Ek is so moeg vir almal wat net altyd neerkyk op hulle wat in die beroep is. Spietkop is ‘n common woord wat deur mense gebruik word wat nie respek het vir ander mense nie.

Anoniem ·

Ag man die meeste is die naam verkeersbeampte nie werd. Hulle word selfs in die bybel beskryf as n bose mag wat agter n bos uitspring om sy medemens voor te keer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.