Sewe verkrag vrou glo om beurt

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nathan Wright / Unsplash)

’n 43-jarige vrou is tussen Saterdag en Sondag glo om die beurt deur sewe mans verkrag. Die beweerde voorval het in Mhluzi naby Middelburg plaasgevind.

Vier verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 17 en 24, is Maandag in hegtenis geneem terwyl die soektog na die ander drie mans voortduur.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die vrou was Saterdagaand omstreeks 23:00 op pad huis toe toe ’n bakkie met ses mans haar voorgekeer het.

Die mans het haar na ’n nabygeleë kamer geneem waar hulle haar na bewering om die beurt verkrag het.

“Asof dit nie genoeg is nie, het nog ’n man, wat vermoedelik in dié kamer woon, Sondagoggend om 05:00 van die werk af teruggekeer. In plaas daarvan om die slagoffer te hulp te snel, het hy haar glo ook verkrag nadat hy die ander verdagtes uitgejaag het.

“Hy het daarna van die toneel gevlug en die slagoffer agtergelaat. Sy het die saak by die polisie aangemeld. ’n Saak van verkragting is geopen en aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings vir verdere ondersoek oorhandig,” het Mdhluli gesê.

Die verdagtes sou na verwagting Dinsdag in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, sê sy veroordeel “die barbaarse voorval” ten sterkste.

“Dit is ontmoedigend dat dié mans selfs daaraan gedink het om soos wilde diere op te tree en op ’n weerlose vrou toe te sak. Die reg moet inderdaad sy gang gaan.

“Ons beamptes sal hard werk om die ander verdagtes vas te trek.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

Hierdie gemors is nie mense nie, SKUIM van die aarde! Hoop hulle word almal gevang en vrot in die tronk

Miena ·

Ai dis jammer dat mens net nerens veilig genoeg is in die land om enige iets te doen of erens heen te gaan nie. Daar moet altyd ongewensde elemente ronddwaal opsoek na onheilighede aanvang…

pompies ·

Ja vang hulle, die hof gaan hulle borg gee dan kan hulle aangaan en wanneer hulle eendag skuldig bevind word sal hulle binne 2 weke parool kry. Ek se daar moet straf kampe begin word waarheen die sulkes moet gaan om bietjie harde arbeid te verrig vir hulle straf.

DapperWoef ·

Kan jy dink aan al die voedsel wat dies kan produseer as hulle so bietjie tuinwerk doen elke dag?

Ek sou voorstel steek hulle aan die werk om ons paaie ook reg te maak. Maar nou ja. Ons useless polisie sal onder die naaste koeltebome lekker snork en dan is tronkvoël weggevlieg

Elmarie ·

Waar is die ANC vroueliga wat so pal by Oscar Pretorius se verhoor teenwoordig was om nou te spring/skree/sing/kamma vertroos namens hierdie vrou? Of is dit omdat dit nie ‘n tv kanaal het sodat hulle hulself op televisie kan bekyk daty hul nie belangstel nie?

My siening ·

Watter reg sal geskiet hulle doen dit weer terwyl uit op borg!

Lillian ·

Die tipe gedrag sal nooit einde kry nie, want in soveel tribes glo hulle nog ‘n vrou is net ‘n seks objek wat tot willekeur misbruik mag word en nie daaroor mag kla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.