Sewe vermeende kapers vasgetrek

boeie 2Sewe mans is in Soweto in hegtenis geneem vir die beweerde kaping en besit van gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer R120 000.

“Drie mans, onderskeidelik 27, 30 en 31 jaar oud, is omstreeks 02:20 in Zola in hegtenis geneem,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het Donderdag glo ʼn Toyota Quantum-minibus in Booyens gekaap. Dié voertuig is Vrydag in Zola North opgespoor.”

“Vier ander mans, tussen 23 en 30 jaar oud, is Donderdagaand omstreeks 23:00 in Jabulani in hegtenis geneem,” het Makhubela gesê. “Die polisie het vier mans betrap wat besig was om ʼn bakkie te stroop.” Dié voertuig is ook Donderdag in Booyens gekaap.

“Dit wil voorkom of ʼn sindikaat in die omgewing doenig is,” het hy bygevoeg.

Die sewe persone sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn. Drie van die mans staar aanklagte van die kaping van ʼn voertuig en besit van gesteelde goedere in die gesig. Die ander vier staar aanklagte van die besit van ʼn gesteelde voertuig in die gesig. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.