Sewe Wits-studente sterf in ongeluk

Universiteit van die Witwatersrand

Universiteit van die Witwatersrand

Sewe studente aan die Universiteit van die Witwatersrand is Sondagaand in ʼn ongeluk in Limpopo oorlede.

“Ses studente is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het die universiteit in ʼn verklaring bevestig.

Een Wits-student het in ʼn motor agter die minibustaxi gery waarin die studente vervoer is, toe die ongeluk plaasgevind het. Die studente het ʼn gebedsbyeenkoms in Limpopo bygewoon.

“Die besonderhede is nog nie duidelik nie en die universiteit het ʼn span na die toneel gestuur om verdere inligting te bekom en die familie en vriende van die slagoffers te ondersteun,” lui die verklaring. “Die studentedekaan en prof. Adam Habib, visekanselier en hoof van die universiteit, is ook op pad na Limpopo.”

Die universiteit betoon sy medelye aan die naasbestaandes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Dis verskriklik, daar is ni woorde om te beskryf ni, baie sterkte aan hul naasbestaandes

Theo ·

Hierdie afgelope paar dae was taxi’s verantwoordelik vir die dood van 28 passasiers. Die metro verkeers polisie is saam skuldig aan hulle dood. taxi’s verontagsaam die pad reëls. Op die hoek van ou jhb pad en panorama weg staan die taxi in die regterkantse baan in ou jhb pad in die rigting van jhburg, wat net reguit mag ry, die oomblik wat die robot albei rigting rooi is dan draai die taxi links in panorama weg en as jy hom daar op atent maak dan vra hy of jy die verkeers polisie is. En so leër hy die gewoonte aan om nie die pad reëls te gehoorsaam en dan sterf talle passasiers. Ek het al gewonder hoekom hulle dit doen en al antwoord wat ek aan kan dink is in hulle opvoeding. Daar is nie respek vir ander nie.

Joann ·

Ek is jammer vir hul families. Voor daar taxis op die paaie was,was daar nie so baie ongelukke nie. Die mense jaag van punt A na punt B en pad reels geld nie vir hulle nie.

Lance ·

Taxis volg geen wette nie ….net soos meeste mense wat vir die staat werk ….wetteloos…afkoopgelde en korrup ….metropolisie weet van al die taxi probleme maar sit net ek kyk toe …ons kry mos die 25 ste nogsteeds pay of ons nou ons werk doen of nie …..

Asjas ·

Ons het die naweek by McDonalds gestop vir koffie, reg langs ons is ‘n verkeersbeampte in sy amptelike voertuig. Langs hom is ‘n gewone parkering oop en dan is daar ‘n spesiale parkering vir mense met rolstoelle. Raai watter pakering het groot meneer gekies om op te stop? Maar dit was nie die ergste nie. Raai wat het die verkeersbeampte gedoen? Soos gewoonlik het ek maar hulp aangebied met die uithaal en opslaan van die rolstoel maar dit was gelukkig nie nodig nie. Die man en sy meisie was by McD’s om ‘n wonderwerk te vier. Hulle kon altwee loop!!

JB ·

Wat ek gewoonlik in sulke gevalle doen, as ek dit sien en die mense klim uit, is te sê: Halleluja, hulle loop!!!!

willie ·

Jong baie van die Metro besit taxi’s. So hoe sal hulle nou teen hulself optree of hulle eie besighede?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.