Sewe Zimbabwiërs ná plaasaanval vasgetrek

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Sewe mans, almal glo Zimbabwiërs, sal na verwagting Maandag in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn nadat hulle op ʼn plaas in Limpopo toegeslaan en twee mense ernstig aangerand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, tussen 23 en 45 jaar oud, is Vrydag omstreeks 21:00 deur die plaaslike veiligheidstrukture aangekeer ná ʼn aanval op die plaas buite Louis Trichardt in die Mara-polisiëringsgebied.

“Die groep het toegang tot die plaas verkry en twee plaaswerkers oorval en met kabels vasgebind,” het Ngoepe gesê. “Die werkers is met vuurwapens gedwing om die plaaseienaar te bel. Toe die boer nie antwoord nie, is die groep saam met die werkers na die plaashuis.”

Volgens Ngoepe het die aanvallers die werkers gedwing om die hek oop te maak, waarna ʼn alarm afgegaan het. “Die verdagtes het toe die werkers aangerand. Een is met ʼn byl geslaan en een is met ʼn mes gesteek voor die groep in ʼn metaalgrys Fiat met Gauteng-nommerplate van die toneel gevlug het.”

Die buurtwag het die verdagte voertuig in die omgewing opgespoor en die polisie ontbied. Drie ongelisensieerde vuurwapens is in hul besit gevind. Hulle is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van huisroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wondernet ·

Behoort daar nie ook 2 klagte van poging tot moord te wees as hulle een man met ‘n byl en die and met ‘n mes aangerand het nie?

Marietjie ·

Ek sou defnitief poging tot moord ook nog bysit. Een man is dan met ‘n mes gesteek en die ander een met ‘n byl geslaan? Dit is mos moordwapens of is ek nou te bloeddorstig vanoggend.

Theresa B ·

Ek stem saam. Hoe idioties kan jy wees? Of word alle Zimbabwiers met die hand gegroet?!
Kom net by!!

Jean ·

So vreemd, hulle het die kans gehad om in hulle land vir demokrasie te stem, nou gaan dit sleg daar, nou kom verniel en vermoor hulle mense in SA en maak ons land net so onstabiel. Dis skokkend. Deporteer hulle en laat sluit hulle in Zimbabwe toe dat ons as belastingbetalers nie ook nog vir hulle moet sorg nie.

Ben Prinsloo ·

Is daar geen manier hoe ons die oorsprong van hierdie wapens kan bepaal nie? Nie net hierdie nie maar alle wapens wat so by die kriminele gekry word.

Anoniem ·

Ek dink ons almal weet waar kom die meeste van die wapens…Die wat polisie kamstig moes vernietig het…..

Nita ·

Dis daardie selfde wapens wat ons wetsgehoorsame burgers ingehandig by die polisie, toe die nuwe wapen lisensie wette ingestel is.

GES ·

Ek mis poging tot moord of aanranding met die doel om ernstig te beseer ?

Tiger ·

Geen haan gaan verder oor die “saak” kraai nie.Merk my woorde.Die’ saak gaan stil-stil doodloop en daai ZIM terroriste gaan skotvry loskom.

popeye ·

Hoofopskrif: 7 Zimbabwiërs nà plaasaanval vasgetrek. Eerste sin van berig bevat die woord “glo” nou vra ek met traantjies in my ogies is hulle of is hulle nie. Ek glo die meer akkurate hoofopskif sou wees “vermeende” Zimmers….etc. MM julle jaag onse bloeddrukte op met twyfelagthede. Of is ekke nou “die omie….”?

Willem ·

Hierdie nou sogenaamde buitelanders het al n voetpad deur Musina getrap.Ek sê al vir jare hulle loop soos spoke hier rond. Sonder ID of werks permitte daarom kan hulle plunder en moor na hartelus en net weer terug hardloop

Peets ·

OMW wat de hell is dit so maklik om land in te kom ek gaan Namibia vakansie hou sonder n passpoort of enige iets.

Wicus Jansen Van Vuuren. ·

As dit werklik Zimbos is begin die grens weer beman weermag sit en doen niks anyway nie. Maar dis net snaaks hoe als die laaste ruk op Zimbos geblaas word. Daar is meer agter die as net Zimbabwiërs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.