Sewejarige deur hond aangeval

Carli Swart. Foto: Facebook.

Die sewejarige Carli Swart is Sondagmiddag toe sy oudergewoonte wou gaan perdry op die gesin se kleinhoewe deur hul hond aangeval.

Japie Swart, Carli se pa, het aan Maroela Media vertel die voorval het omstreeks 15:00 op hul kleinhoewe in Kleinbaai in die Wes-Kaap plaasgevind.

“Sy het saam met die hond, ʼn rottweiler, gestap om ʼn perd te gaan vang om te ry. Ons is nie seker wat presies gebeur het nie, maar iets het die perd op hol gejaag en toe byt die hond vir Carli. Ek dink hy was jaloers,” het Swart gesê.

Die gesin skou met perde. Carli het beserings aan haar boude en heupe opgedoen. Sy het ten tyde van die voorval ʼn valhelm aangehad.

“Hy het die ding wat ʼn mens bo-oor die hoed trek, afgetrek en ons het dit gekry met ʼn klomp bloed daarop,” het Swart gesê.

Volgens Swart het iemand in die pad gesien hoe die rottweiler haar aanval en bo-oor die heining gespring om te kom help. “Ek het ʼn geskree gehoor en ook nader gehardloop. Ons het die hond van haar afgekry en met haar na Mediclinic Hermanus gejaag,” het Swart gesê.

Carli is Dinsdag na die kindersaal in die Mediclinic Louis Leipoldt in Bellville oorgeplaas. Sy het Woensdag ʼn operasie ondergaan om van die skade aan haar boud- en heupdele te herstel.

Carli Swart. Foto: Facebook.

Daar is volgens Swart stukkies vleis uitgeskeur asook ʼn stukkie been. Haar bene is albei in gips en met ʼn spalk tussenin gestabiliseer. Dit is om Carli tot ʼn mate te immobiliseer en die spiere in die beseerde gedeeltes stil en rustig te hou.

Volgens Swart sal Carli Maandag nog ʼn operasie ondergaan om van die ander skade te herstel.

“Dit gaan goed met haar. Sy is soms huilerig en bang maar ander kere weer beter. Dit is op en af. Ek en haar ma is heeltyd by haar.”

Carli het twee ouer boeties. Volgens Swart het die dokters gesê hulle sal Maandag beter kan bepaal oor die pad vorentoe vir Carli. Die rottweiler is intussen van kant gemaak.

Foto’s van ʼn dogtertjie wat in die gesig gebyt is deur ʼn hond word wyd versprei op sosiale media en daar word verkeerdelik aangedui die foto’s is van Carli. Die foto’s is egter van Charlaine Guarini van Brits wat ook deur ʼn hond aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CS ·

SA…. Ek het groot geword met BOELE, STAFFIES EN ROTTWEILERS…. Nooit gebyt deur een van hulle nie.
Wel stukkend gebyt deur n WORSHOND.
Mense kry “wrede diere” sodat hul ruatiger kan slaap in die aand en nie in hul bed vermoor word nie.

Deur te se jy hoop die ouers het n les geleer. Mag jy n kramp kry waar dit saak maak. Daai mense se kind le in n hospitaal. Hulle sit elke minuut van die dag by haar bed.

Dink jy as hul geweet het die rottie gaan haar byt sou hul haar alleen saam die hond laat loop het?

Rotties is gentle giants. Hulle is beskermd. Gaan lees oor hul geskiedenis.

Dis baie sleg wat gebeur het en ek glo haar ma en pa betwyfel hulself klaar. Jy het nie nodig om ook nog n woordjie in te kry nie.

Siek man!!!!

Dianne ·

So waar CS! Ons ht 2 Rotties. Ons reun het nou wel ons 1 Yorkie met 1 byt doodgebyt, maar die Yorkie was op die Rottie se territory en die Yorkie het aanhoudend vir hom geblaf. Wat ek nie kan verstaan nie, en stenig my nou maar, maar hoekom word die honde uitgesit? Ek was wel kwaad vir Gizmo oor wat hy gedoen het, maar sal hom nooit laat uitsit daaroor nie. Hy beskerm ons en is die dierbaarste ou siel!

Andre ·

Jos, jy is darem regtig ‘n verskriklike mens. Ek hoop tog jy sal eendag leer dat daar tussen mens en dier ook liefde kan wees. Net soos ‘n mens se ‘kop kan uithaak’ en hy/sy skielik irrasioneel optree, so kan dit met ‘n dier ook gebeur. Kom ons wees eerder dankbaar dat die meisie lewe en druk jou veroordeling iewers waar niemand dit kan sien nie.

Valerie ·

Dit is reeds vakant gemaak, dankie tog. In Pietermaritzburg is ‘n kunsstudent deur twee “Rottweilers” wat “niemand sal skade aandoen nie en bolletjies liefde is” deur die twee Rottweilers verskeur en het ‘n ses-uur lange operasie ondergaan. Die twee goed het bloot rondgelopp en sonder (ek herhaal: SONDER enige provokasie) die 35-jarige vrou aangeval. Gelukkigh is sy gered deur ‘n ander student wat haar gille gehoor het. Helder oordag. Die eiernaar weieir om van die goed uit te sit. Ek sal dit doen, vrou of nie.

Rottweilers Bo! ·

@Chris, @Se Maar Net @Protes Hahahahahaha…. Het julle vanoggend jul Grap Jasse aan. O en Valerie ons verwys na Rottweilers en nie “GOED” nie

Ek was 19 jaar gelede erg deur ‘n Rottweiler aangeval, maar dit het my nie gestop om my eie te kry. Ek het tans 2 Monster Rotties en hulle het die mees Liefde Volste persoonlikhede (Beter as baie mense daar buite, en ek vertrou hul ook meer as wat ek mense vertrou)

Op die einde van die dag is dit hoe die eienaar hulle groot maak. Hulle neem jou persoonlikheid aan. Hulle kort soveel aandag, en hulle moet deur honde skool gaan, maar wel elkeen vir homself en dit is net my opienie.

Ek voel jammer vir die 2 dogtertjies wat daar deur moes gaan. Hoop hul sterk goed aan….

Helena ·

Ons het gebedsversoek gekry vir die kind met die verkeerde details… Mense vra niu vir gebed want hul sê die Carli kind is oorlede? Is dit waar en indien nie WIE sal sulke siek nuus versprei? Die arme familie gaan al klaar deur soveel trauma…

Landi Slatter ·

Dagsê Helena

Baie dankie vir jou kommentaar. Carli lewe inderdaad, ons het dit met Japie Swart, haar pa, bevestig. Daar is aanvanklik foto’s van Charlaine Guarini rondgestuur op sosiale media met die naam Carli Swart daarby. Maroela Media het gister oor Charlaine ook berig, lees gerus hier: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kleuter-kry-70-steke-na-hond-haar-byt/ Charlaine en Carli lewe beide. Ek hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Anoniem ·

Jos, jy hoort nie op sosiale media as jy nie kan dink voor jy sulke uitlatings maak nie!

N'kita ·

As jy nie self daar deur al was nie kan jy niemand oordeel nie kyk eers na die situasie dan praat jy.weet jy wat is n ongeluk sekerlik nie.los die mense uit hul het nie slegte komentaar nodig nie.hul het ondersteuning nodig.

Marié ·

Sterkte aan die ouers krag lê in gebed asb. Moenie mening gee om te se hoop ouers het hul les geleer nie hê respek asb. Kon met jou ook gebeur het. Bid vir hul as om negatiewe komentaar te lewer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.