Sewejarige se gedrag kommerwekkend na verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vragmotorbestuurder het skuldig gepleit op aanklag dat hy ʼn meisie verkrag en aangerand het, het die Sunday Tribune berig.

Arumugan Moonsamy Naidoo (38) het skuldig gepleit op die aanklag van ontvoering, verkragting en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. Die meisie het vandeesmaand haar sewende verjaarsdag gevier.

ʼn Slagofferverklaring wat die meisie se ouers opgestel het, is aan die hof voorgehou: “Toe ek met my dogter praat, het sy net na my gestaar. Sy vergeet nou dinge binne sekondes. Ek was so bly toe my dogter opgespoor is, maar haar gedrag is kommerwekkend.”

Volgens Naidoo se pleitverduideliking het hy haar opgelaai en in Bayheadweg in Durban parkeer. Hy het haar op die agterste sitplek verkrag. Hy het haar geklap, haar hande, arms en bene vasgebind, met ʼn baksteen oor die kop geslaan en haar toe in die bosse gelaat voordat hy weggery het.

Naidoo sal Donderdag gevonnis word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Enige man wat sy hand vir ‘n kind en/of vrou lig met die doel om skade aan die liggaam aan te rig, behoort vir ewig toegesluit te word, verkragters en moordenaars sou verkieslik moes hang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.