Sewejarige se liggaam in plaasdam gekry

Argieffoto: Phillip Bruwer

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die liggaam van ʼn sewejarige seun wat sedert Woensdagmiddag vermis was, is Donderdagoggend in ʼn plaasdam in die Randfontein-omgewing aan die Wes-Rand gevind.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seun se ouers het hom Woensdagmiddag vir die laaste keer omstreeks 15:00 gesien.

“Toe hulle die seun nie kon opspoor nie, is die polisie en ander owerhede ontbied wat ure lank na hom gesoek het,” het Mathe gesê.

Polisieduikers is onder meer ook ontbied om in die plaasdam na die seun te soek. Sy liggaam is omstreeks 01:20 in die dam gevind. Die vermoede bestaan dat hy verdrink het.

“Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is deur paramedici van Netcare 911 op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Mathe het ʼn beroep op ouers en voogde gedoen om ekstra waaksaam te wees oor hul kinders as daar waterbronne in die omgewing is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andrea ·

Die vermoede bestaan dat hy verdrink het……….
Regtig Maroela Media?
Wat gee julle die aanluiding tot die ‘Vermoede’?

Sug ·

Andrea, hy kon vermoor gewees het in in die dam gegooi gewees het. “Get n Life”, dis verniet. As jy nie ordentlike kommentaar kan lewer bly liewer stil.

Leer en lees ·

Andrea, mens moet maar eers leer en lees voor jy so kommentaar. Lees bietjie oor terme. Soos Sug aandui kon dit iets anders wees, maar nog steeds kan niemand berig wat hul dink nie, die moet eers ondersoek en bevestig word – dan kan daar gesê word die seun het verdrink en dit neem tyd, teen daardie tyd skel jy weer vir Maroela oor ou nuus!!!!!

antjie ·

Die Here kom haal sy kindertjies…gelukkig vir hulle want hulle be- erwe die Koningkryk van God…

Bloues ·

Andrea , my oorlede Vader het baie vir my gesê. Moet nie jou onnoselheid aan die klok hang nie. Dink mooi voor jy praat. Dit is baie goeie raad en ek gee dit nou vir jou.

Sterkte

Alida ·

Hulle vermoed verdrinking. MM is 100% reg. Die oorsaak sal vasgestel word deur die patoloog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.