Sewejarige seun doodgery

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n sewejarige seun Dinsdagoggend in Oudtshoorn in die Wes-Kaap doodgery is.

Jeandré Kammies (7) het op die toneel weens inwendige beserings beswyk.

“’n 26-jarige man was omstreeks 07:00 op pad na ’n plaaslike skool om glo sy vriendin se kind te gaan aflaai toe die voorval plaasgevind het,” sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

“Jeandré is in Dassiesstraat raakgery.” Die motoris het na die ongeluk stilgehou, maar het kort daarna van die toneel af weggery.

“Omstanders het glo oproerig geraak en het hom begin konfronteer. Hy het daarna in sy motor geklim en na die Oudtshoorn-polisiestasie gery om die ongeluk aan te meld.”

Pojie sê die dossier sal aan die senior staatsaanklaer gestuur word sodra die ondersoek afgehandel is.

“’n Besluit sal dan geneem word of die man vervolg gaan word of nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Moedeloos ·

Hy het tenminste nie geheel en al weggery nie. Ek sou dalk dieselfde gedoen het as die omstanders oproerig geraak het. Ons ken mos teen die tyd ons mede landsburgers as hul oproerig raak.

tweeling ·

Die kind het ongelukkig seker oor die straat gehardloop sonder om te kyk, dit gebeur maar.

Jsgroen ·

Simpatie aan die kind se ouers. Ongelukkig gee die berig nie baie inligting oor wat presies gebeur het, maar u kan dalk reg wees. Dis ‘n algemene probleem deesdae dat kinders en ook volwassenes net eenvoudig blindelings oor die straat loop of hardloop. Die motor bestuurder kan so versigtig wees as wat hy of sy kan, maar min bestuurders se reaksie is so vinnig om nie iemand te tref wie skielik tussen twee geparkeerde motors skielik in die straat reg voor jou verskyn.

Loveleh ·

Dis tragies. Die arme seun, maar ek kry die bestuurder ook jammer. Dit is seker nie maklik om iemand anders se dood op jou gewete te hê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.