Sewejarige sterf in tref-en-trap ongeluk

(Foto: Rusa/Facebook)

ʼn Sewejarige meisie is Donderdag dood in ʼn tref-en-trap ongeluk op die R102 in die omgewing van Cornubia, KwaZulu-Natal.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het verskeie oproepe van verbygangers ontvang wat die ongeluk wou aanmeld.

“Rusa-beamptes het omstreeks 14:51 by die toneel opgedaag. Paramedici het die meisie ondersoek en bevind sy het noodlottige beserings opgedoen,” het Prem Balram, woordvoerder van Rusa, in ʼn verklaring gesê.

Die bestuurder van ʼn wit Ford Bantam-bakkie wat stilgehou het om bystand te lewer, het aan Rusa gesê ʼn motor het voor hom gery en die kind omgery. Die voertuig het weggery sonder om stil te hou.

“Die meisie se vyfjarige niggie was saam met haar. Sy is nie beseer nie.”

Die tou wat die meisies wou gaan optel (Foto: Rusa/Facebook)

Die twee kinders het naby ʼn woonstelblok gespeel toe hulle ʼn oranje tou in die straat opgemerk het. “Hulle het die besige straat oorgesteek om die tou op te tel toe die ongeluk plaasgevind het.”

Die meisie is oorspronklik van Pietermaritzburg. Sy het Woensdag by haar tannie se huis aangekom om die skoolvakansie by haar familie te spandeer.

Verkeersvertragings word verwag omdat die noordelike laan gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DieKriek ·

Arme, arme kind. Mense ry soos maniake en het geen benul van padreëls nie. Toesig vir jong kinders?

Harley Davidson ·

Die pad is gebou vir voertuig gebruik ,kinders moet opgevoed word hoe om paaie veilig oor te steek.

Cindy ·

ons net gister gepraat oor hoe kinders in SA geen benul van pad veiligheid het nie… Verder as dit hoor 5 & 7 jariges nie alleen op straat nie. Bitter baie hartseer vir die kind se familie :(

Antjiepat ·

Ja en dan moet die motoriste wat die pad met hul voertuie ry die pad reëls ook nakom. Word dit nie van die motoris wat die pad gebruik wat gebou is vir voertuie verwag om te stop by ‘n ongeluk, die ongeluks toneel te ontleed nie, waar te neem vir enige persone wat beseer en dit aan te meld by die nodige owerhede nie?? EN te WAG totdat die nodige owerhede toestemming verleen om die ongeluks toneel te verlaat nie??? Om weg te ry is ‘n kriminele oortreding nadat die kind op die toneel dood is…. so kan ons dan net eers dink …

Swerwer ·

Kinders besef nie die gevaar nie, dit is die bestuurder wat die gevaar moes opmerk en optree daarvolgens. Deur weg te jaag maak dit nog erger.

Eric ·

Bestuurders moet meer waaksaam op paaie wees en minder op selfone lê en oë op pad hou
Bestuurders moet strenger gestraf word oor selfone en kinders moet nie naby paaie speel nie maar in n perseel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.