Sewejariges verdwyn in Khayelitsha

Argieffoto

Twee sewejarige seuntjies het Donderdag in Khayelitsha in die Wes-Kaap verdwyn.

Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê Miyolo Gwinita en Linathi Ntshonga is in dieselfde skool. Hulle is Donderdag laas gesien toe hulle saam in die gebied gespeel het. Hulle ouers het hulle as vermis aangemeld.

“In hierdie stadium is dit nie duidelik watter klere hulle aangehad het tydens hul verdwyning nie. Enigiemand met inligting word versoek om Khayelitsha-polisie te kontak by 082 301 8910.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annette ·

Nee!!!!! Ek hoop dat hierdie twee kinders spoedig veilig en ongedeerd terug gevind sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.