Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn sewende verdagte in hegtenis geneem in verband met die opspraakwekkende kannibalisme-saak.
Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die sewende verdagte, ʼn man in sy 30’s, is Donderdag in die vroeë oggendure in die Ntabamhlophe-omgewing in hegtenis geneem.
Hy moet binnekort saam met sy medebeskuldigdes in die Estcourt-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg. Aanklagte van die besit van menslike oorskot kan moontlik bygevoeg word.
Die beskuldigdes is in hegtenis geneem nadat ʼn 32-jarige tradisionele geneser in Augustus by die Estcourt-polisiestasie ingestap en aan polisiebeamptes gesê het hy “is moeg daarvan om mensvleis te eet”.
Hy het ook ʼn deel van ʼn mens se been en ʼn hand by hom gehad. Hy het die polisie na sy huis in Estcourt vergesel, waar meer liggaamsdele gevind is.
Daar is intussen vasgestel die been en hand wat aan die polisie oorhandig is, is dié van Zanele Hlatshwayo (25). Hlatshwayo is glo verkrag, vermoor en toe geëet.
Soveel grusame berigte op Maroela Media, ek wil dit lees maar ek wil ook nie.
Donker, donker Afrika…
En die duisternis neem toe. Vorentoe is daar lig Andrea, maar dit is in ‘n ander dimensie.
Ek kan nie glo wat ek hier lees nie, kan dit waar wees die een mens eet die ander een hoeveel mense het hulle noual geëet. Laat my dink aan die varkvrou van Laporta wat wors van die mans wat vir haar gekuier het, gemaak het sy kon blykbaar nie voorbly met die bestellings nie.
Daar is ook kannibale in Rusland – lees ek op internasionale nuus. Hulle het sommer vleispasteitjies van die mense gemaak . My kop skud heen en weer en heen en weer. Hulle het al 30 plus verorber.
As ‘n sekere slaghuisgroep in Gauteng en aangrensende gebiede perde- en ander vleis kan verkoop aan niksvermoedende kopers moes hierdie “slagter” darem seker ook ‘n afsetgebied gehad het om van sy “vleis” ontslae te raak! Ugh!!!!!