“Minister Shabangu ontken dat sy adjunkpresident Cyril Ramaphosa ‘n leuenaar genoem het, soos berig deur eNCA,” het haar departement in ‘n verklaring gesê.
Shabangu, voormalige minister van minerale hulpbronne, het Dinsdag by die Farlam-kommissie van ondersoek getuig. Die kommissie is op die been gebring om ondersoek in te stel na die dood van 34 mynwerkers by Marikana in Augustus 2012.
Shabangu is gevra om te getuig oor ‘n gesprek wat sy met Ramaphosa gehad het op 15 Augustus 2012. Dit was ‘n dag voor die 34 mynwerkers doodgeskiet is.
Ben Said, eNCA se groepnuusredakteur, het aan Sapa gesê dat Shabangu vir hulle moet sê waar en wanneer dit berig is en dat hulle dan sal ondersoek instel.
Die kommissie het tydens Shabangu se getuienis gehoor dat sy ‘n vergadering gereël het met Ramaphosa vir 15 Augustus 2012.
Kameshni Pillay, getuienisleier van die kommissie, het ‘n e-pos wat Ramaphosa aan beamptes by Lonmin gestuur het, aan die kommissie voorgelees.
“Sy [Shabangu] stem saam dat dit wat aan die gebeur is, nie ‘n arbeidsdispuut is nie maar ‘n kriminele daad is.” Ramaphosa het destyds belange in Lonmin gehad.
eNCA het Dinsdagaand ‘n berig op sy webtuiste gelaai getiteld: “Shabangu noem Rampahosa ‘n leuenaar”.
Volgens die berig het Shabangu ontken dat sy saamgestem het met die uitlating dat die staking by Marikana ‘n kriminele daad en nie ‘n arbeidsdispuut was nie.
NEE WAT VAN HIER AF MET ‘N SELFOON EN EMAIL IS DIT ‘N ROYEL F……. GEEN SEIN VIR EMAIL, SO NIKS WERK REG VIR ONS AS JY SUKKEL