Shaik bedank as departementele raadgewer

Mo Shaik, Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige intelligensiehoof Mo Shaik het bedank uit sy pos as raadgewer aan die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie.

Die wenkbroue het hoog gelig toe minister Lindiwe Sisulu vroeër die jaar vir Menzi Simelane en Mo Shaik, twee uiters omstrede politieke figure, as raadgewers in haar departement aangestel het. Hulle het albei weinig ervaring vir die poste waarin hulle aangestel is en sou blykbaar jaarliks meer as R2 miljoen verdien. Shaik is boonop die broer van die omstrede Schabir Shaik.

Shaik het egter nou gevra om eerder saam met die adviseurende komitee vir die stabilisering van die watersektor te werk, aangesien hy voel hy meer gepas is vir dié pos. In ʼn verklaring sê die departement Shaik is gevra om eerder die direkteur-generaal by te staan met die belegging in en befondsing van waterinfrastruktuur, aangesien hy ervaring in dié veld opgedoen het by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika.

Shaik ontken ten sterkste dat hy bedank het weens druk van die DA se kant. Dié party het Dinsdag in ʼn verklaring gesê sy bedanking is ʼn oorwinning oor die ANC se beleid van baantjies vir boeties. “Shaik se bedanking is ʼn oorwinning vir alle Suid-Afrikaners,” het die DA Donderdag in ʼn verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diva

Goeie hel. Voel of Ek in n ander land bly.
Stilbly is ook n antwoord….. ????

JM

Hoe meer oneffektief en omstrede, hoe makliker om deur die ANC aangestel te word en hoe hoër die salaris. Kripvreters wat weinig beteken en só sal die land aanploeter.

Jan

Wat maak dit nou beter dat hy van een hoogsbetaalde pos na n ander skuif?

HOOP

“Shaiks” hier kom n ding.

Nie Verbaas

Ek is bitter dankbaar dat ek met intilligensie geskape is. Die soort aanstellings is presies die rede dat ons land vandag is waar dit is. Dieselfde as “ek was nog nooit in Switserland nie”