Shakespeare was glo knap sakeman

William Shakespeare

Nuwe navorsing bewys dat William Shakespeare tydens hongersnood kos bymekaargemaak het, geld uitgeleen het en belasting ontduik het.

Akademici van Aberystwyth-universiteit in Walles het die historiese argiewe gefynkam om fyn besonderhede te bekom van dié toneelskrywer se parallele lewe as handelaar en eienaar. Sy praktyke het hom glo gereeld in teenstand met die wet gebring. Die owerhede was op sy spoor vir belastingontduiking en in 1598 is hy vervolg omdat hy graan in ‘n tyd van droogte bymekaargemaak het.

Die akademici voer aan dat ons Shakespeare nie ten volle kan verstaan tensy ons sy besigheidsvernuf en die hongersnood waarin hy geleef het, bestudeer nie. Jayne Archer, navorser, het Sondag gesê daardie aspekte word soms oorgesien omdat talle mense “nie die idee kan aanvaar dat ‘n kreatiewe genie ook deur selfbelang gemotiveer kon wees nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.