Shaleen Surtie-Richards deur straatsmous beroof

Lizz Meiring, Alfred Ntombela, Shaleen Surtie Richards en Leon Schuster, Saterdag voordat Surtie-Richards se hangertjie gesteel is. Foto: Verskaf

Lizz Meiring, Alfred Ntombela, Shaleen Surtie Richards en Leon Schuster, Saterdag voordat Surtie-Richards se hangertjie gesteel is. Foto: Verskaf

“Hoekom moet ons met ons motorruite toe ry in die bloedige hitte en in ‘tronkhuise’ bly terwyl misdadigers vry buite rondloop?”

Dit is die woorde van ʼn duidelik ontstelde Shaleen Surtie-Richards nadat haar “kosbaarste besittings”, ʼn hangertjie met ʼn Krugerrand en twee ringe van haar oorlede pa en ma, in druk verkeer in Johannesburg van haar nek afgeruk is.

Surtie-Richards het Maandag bewoë aan Maroela Media vertel sy is Saterdag omstreeks 12:00 deur ʼn drywer na haar huis in Roodepoort geneem nadat sy vroeër die oggend ʼn werksgeleentheid bygewoon het waar onder andere Leon Schuster en Lizz Meiring ook was.

“Ons was in die nywerheidsgebied van Johannesburg naby Oriental Plaza in Fordsburg. Die pad was druk besig weens sokkerondersteuners wat op pad was na die FNB-stadion. Dit was vreeslik warm en ek het op die agterste sitplek met ’n oop ruit gery,” het Surtie-Richards gesê. “Daar het ’n man nader gestap wat Courtleigh-sigarette gesmous het. Hy het donker klere en ʼn hoed aangehad. Ek het nogal so ewe gedink ek moet die ruit toedraai, maar wou juis nie hê hy moet dink ek dink hy gaan my beroof nie … wel, lessie geleer, ek moes na myself geluister het.”

Shaleen hangertjie

Shaleen Surtie-Richards se hangertjie

Sy het gesê dinge het so vinnig gebeur en sy weet nou nog nie hoe hy dit reggekry het nie, maar hy het skielik haar hangertjie afgeruk en tussen die geharwar in die straat verdwyn.

Volgens Surtie-Richards was daar ʼn polisievoertuig ʼn entjie verder en het dié beamptes “net die beste” diens gelewer. “Ek het saam met hulle in die voertuig geklim en ons het ʼn ruk lank in die omgewing rondgery en na die man gesoek, maar kon hom nie kry nie. Die twee ringe is my kosbaarste besittings. Dit is my oorlede ma en pa se trouringe. Ek het dit nooit afgehaal tot gister nie.”

Sy het gesê haar ma, Ellen, is op 4 Februarie 2013 oorlede en haar pa, Hockey, in 2000. “Die voorval kom so naby my ma se doodsherdenking. Ek mis haar vandag só baie. Die verettering het nie ʼn clue wat hy aan my gedoen het nie. Daai twee ringe was my hele behoud en vandag lê dit seker in die een of ander smerige pandjieswinkel.”

Sy het gesê sy wil nie regtig in ʼn debat betrokke raak nie, maar is van mening dat misdaad rassisme aanwakker. “Ek moet myself seker as gelukkig beskou omdat ek nie seergekry het nie, veral as ek dink aan die derduisende plaasmoorde en verkragtings. Woede en bitterheid gaan ons nêrens bring nie. Om rassisties te raak gaan nie help nie. Almal moet saamstaan soos die boere spesifiek met die droogte saamgestaan en mekaar gehelp het, dit is wat ons almal moet doen.”

Surtie-Richards het ʼn beroep op mense gedoen om die berig wyd te versprei. Sy hoop as iemand op die hangertjie, ringe en Krugerrand afkom, kan dit dalk aan haar terugbesorg word.

“Ek was verskriklik na aan my ouers en die hangertjie het verskriklik baie sentimentele waarde. Geen geld of versekering kan dit aan my terugbesorg nie. My pa se ring is groot en die voorletters SJS is daarin gegraveer.”

Mense wat moontlik op die ringe afkom, kan Maroela Media e-pos by [email protected] en die inligting sal aan die polisie en Surtie-Richards oorgedra word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

François ·

Dit gebeur maar daagliks met enigiemand op straat. Nou is dit ‘n bekende persoon & daarom die publisiteit?! En elke keer dieselfde kommentaar….. ‘Daar sal iets aan gedoen moet word. Kan nie so voort gaan nie’! Wie gaan iets daaromtrent doen?

Willie ·

Ek waardeer die feit dat iemand soos Charlene haar stem by ons skaar wat betref misdaad en plaas moorde ens.
Ek voel dit is onnodig om kwestend ten opsigte van die plasing van die berig te raak. Bekende mense se misnoee met die situasie help ons almal.
Wat sy se is baie waar,ons sal moetbegin saamstaan en daarom het ons “gewone” mense iemand soos Charlene se opinie hieroor broodnodig….ons moet ophou dink dis net blankes wat onder die misdaad in die land deurloop…almal kry swaar. Ek voel dis totaal onnoding om deur met ons opmerkings RSA se burgers nog verder te polariseer.
Charlene,ek is baie jammer oor jou verlies…ek hoop jy kry jou kosbare besittings terug.
Sterkte
Willie

DPJ ·

Shaleen, die is net aardse goed geen blywende bestiting nie. Vergewe en gaan aan met lewe. Om nie te vergewe is om die persoon gratis huisvesting in jou kop te gee.
Wys net mens moet nie op verkeerde dinge jou hoop vestig nie.
Vertrou op die Here alleen en hy sal jou paaie gelyk maak.

Charlotte ·

Ek voel so jammer vir shaleen….selfde het met my gebeur….my kar het donker vensters en my man het bestuur..ek het warm gekry my ruit half af laat sak en volgende oomblik gryp die smous my Note 4 en verdwyn tussen n klomp ander in….wat kon ek doen anders as om maar aan te ry te huil oor al my kosbare fotos..my oorlede mom se stem op my foon en al ons boodskappies wat ek gesave het. Kon ongelukkig nie dit herwin agv ek nie dropbox gehad het nie en nie gesync was nie. En my foon was nog nie op ons assuransie nie….SO JA ek weet hoe dit voel…diep teleurgesteld….woedend vir die land se misdaad in my hart en berou omdat ek my ruit laat sak het. My hart gaan uit na al die boere wat sorg vir kos op ons tafels wat so vermoor word……!!!

Inge ·

Ek stem saam Francois, dit gebeur meer as een keer daagliks met gewone mense. Ek voel wel jammer vir haar dat sy die sentimentiele ietems so verloor het en ook die laaste deel van die berig is waar wat sy sê, en soos jou vraag wie gaan iets daaromtrend doen?

Berhalet Beukes ·

Shaleen, gebruik die stem en platform wat jy gegee is en ons sal die onsteuning gee wat nodig is. Hoe anders gaan ‘n mens kan saamstaan as ons nie die mediums gebruik wat ons het nie? Ek is jammer dat jy ook nou ‘n statistiek is, ek weet goed dit voel!

charmaine ·

Hulle vra nie of jy beroemd en berig is of net n gewone persoon wat hard werk vir jou goed en jou gerief in die lewe nie. So word ons almal n statistiek. Net omdat sy beroemd en berig is, is sy voorblad nuus, plaas alle name wat net oor n naweek beroof of aangerand word, al die blaaie sal vol wees.

wilma ·

Of ons nou wil of nie ons moet baie versigtig wees. Nie met oop ruite ry nie. Sit n aircon aan.

Theresa ·

Shaleen, hoop jy lees – die mensdom is al so siek en sat vir misdaad in ons mooi land. Kan daagliks nie glo hoe die mense dit opmors nie! Ek hoop van harte jy kry jou geliefde besittings terug. Ek wil wel vir jou dankie sê dat jy empatie het met wat met verkragtes, besteeldes, geroofdes, vermoordes, gemarteldes gebeur. Die plaasmoorde is iets vreesliks en ek glo dis die ergste ter wêreld en ‘n ongelooflike skande dat dit so net-net raakgesien word. Dit sal wonderlik wees as meer akteurs en aktrises en al wat ‘n kunstenaar is (wat ons getrou ondersteun) optrek in ‘n kreatiewe manier om misnoeë te wys omtrent die vieslikheid wat in ons land aangaan.
En jy is 100% reg, ons behoort nie met toe vensters en koes-koes vir ons eie goed, rond te beweeg nie. Ons werk almal vir ons goed en dit behoort nie aan iemand anders nie. Die rondhangendes en informele staan-op-die-straters, moet nie toegelaat word nie.
Almal kan adverteer en goed verkoop. Die stadsrade kan stukke oop grond gebruik vir almal om mark te hou en geen mens mag so op sypad en straat iets verkwansel nie. Dis slorderig, onwelkom en gevaarlik.

knerries ·

Ons word heeltemal onderdruk – ‘n Mens kan nie meer langs ‘n dam gaan ontspan of stap nie, dan word jy aangerand en/of vermoor.

My seun se droom motortjie, Polo hatch was al ‘n paar keer die teiken van motor diewe.

EK kan nie meer naweke op my plasie boer/speel nie want na die laaste insident het SAPS my vuurwapens in geneem vir forensiese toetse..

Jossi ·

Survival of the fittest. Dis die skollie se rules. Jou rules tel nie in die jungle nie.

Maria Nel ·

2 weke gelede het ons in Vereenigiing se Voortrekkerstraat gekry. my motor se venster was half oop en met die stop by die verkeerslig het 2 swart jonges my beroof. Die 1 het my selfoon gegryp terwyl die ander my goue ketting met kruis daaraan gegryp het. Ek wou nog keer want ek het gedink die 1 wil my aan die keel gryp.
Ek het krap wonde aan my keel en bo arm opgedoen en nie een van die omstanders of selfs die SAPD voertuig wat aan die oorkant van die pad geparkeer was met 2 SAPD lede in het iets aan die saak gedoen nie. Die boosdoeners het net eenvoudig aangestap tussen die skare mense in.

Ben ·

Ek is sowat ‘n jaar terug ook in die straat beroof. Niemand het gehelp nie.Ek bly weg uit Vereeniging. Die plek is erg.

Leeutjie ·

Ken ook daardie plek goed. Uniestraat is nog erger!! Dit wemel van struikrowers!

amelia ·

Dalk moet die aktrise ‘n afspraak maak en in die besig ANC se korrupsie ‘n kansie kry om alle Suid Afrikaners se saak te stel. Ten minste sal die ministers dalk dink dit is ‘n voorreg om saam ‘n aktrise te wees.

Liewe lulu ·

Ek verpes dit as iemand se dit is net aardse goed. Dit is my aardse goed waarvoor ek hard gewerk het. Waaraan ek waarde heg en sentiment. Ek is nog op die aarde, so ek geniet nog my aardse goed

EMK ·

Liewe lulu, ek stem saam. Dis nie asof mens net bymekaar maak maar beslsi het party goed sentimentele waarde en ja, ons almal werk hard vir ons besittings, om te sê kom oor di tis belaglik. anders kan mens mos maar geod koop en sommer op die sypaadjie gooi want dit maak mos dan nie saak dis “aardse goed”. Lawwe en ondeurdagte stelling.

Leeutjie ·

Ek stem EMK. Ons heg waarde aan ons besittings. Ons werk hard daarvoor en sommige goed het vir ons ongelooflike waarde. Vernaamlik ‘n erfstuk soos jou ouers se ringe! Die duiwel se trawante het geen gewete nie en dus geen plek vir God nie.

Johny ·

Paar jaar terug het baia baie mense ja gestem Moet nie nou Huil nie .

Piet Pompies ·

Dear Johny soos ons dit in die army genoem het…… vandag sit jy agteroor en blameer die toestand van die land op almal wat JA gestem het. Word wakker, wees deel van die oplossing en nie die probleem. Dit is 2016, die son kom nog steeds op en sak nog steeds, kyk eerder of jy van Dinsdag af ‘n positiewe bydrae kan lewer tot ons land, begin sommer by jou kommentaar, as jy daartoe instaat is om iets te doen raak betrokke by ‘n volhoudbare ontwikkelings program. As jy nie weet waar, kontak Solidariteit of Afri Forum, staan op en sien waar jy ‘n verskil kan maak, dit kos nie geld.

Rina Bradley ·

Welkom, ek MOES ingaan na Pretoria middestad, na die WVF kantore om te eis sodat ek iets kon kry om van te lewe! Dit was na ‘n motorongeluk waarin ek my man van 32jaar verloor het! Ek het sy trouring en ‘n kruisie wat ek NOOIT afgehaal het nie om my nek gehad. My skoonseun het saam met my geloop omdat ek nog vol beserings was. ons was miskien 20 tree van die hoofingang toe ‘n man wat teen die muur gestaan het, my stamp en in dieselfde beweging my hangertjie gryp. Hy het agterop die buffer v ‘n taxi gespring en hy was weg! Ek het gepleit dat as iemand dit by ‘n pandwinkel kry hulle my laat weet. Niks het gebeur en ek het nou nog nie my WVF uitbetaling gekry nie!

Eliza-beth ·

Ai dis maaar erg, maar so by alles het ek my papgelag vir haar beskrywing vir die dief (paragraaf 7) ! Mens moet lyk my maar self aantrek soos bedelaars en armoediges as jy in sekere gedeeltes beweeg. Sterkte Shaleen, ons wat self al deurgeloop het dink aan jou.

Jeanette ·

Sies julle wat maak asof dit net sommer niks is nie Dit is iets wat
Shaleen nooit weer gaan terugkry nie. Julle het seker nog nie ouers verloor nie. Hoekom kan ons nie met oop vensters ry nie en hoekom moet ons altyd bang en versigtig wees. Boewe is aaklige goed. Moenie so maklik oordeel nie wag tot soiets met jou gebeur dan gaan jy die harste skree.

Winston ·

Baie goed wat ons nooit weer gaan terug kry nie.Kyk Piet Pompies se kommentaar. Maak n verskil. Word beroof of word n rower. Hoe herstel jy jou kar se pap wiele as jou buurman dit verkoop het?

Frans ·

As hoogeplaaste mense in konvooie ry met talle lyfwagte moet jy weet iets is nie pluis in daai land nie.Of dit nou Amerika of Suid Afrika is, misdadigers soek altyd maklike teikens veral as hul weet die polisie is traag om op te tree.

Ons het dieselfde oorgekom in Pretoria. Gelukkig kon die dief nie in sy doel slaag nie,al het hy twee keer probeer. As ‘n mens nou moet begin sê wees dankbaar dat jy nog lewe, dit is aardse goed moet jy weet dat misdaad wet en orde oorheers en as jy jonk genoeg is en aan ‘n minderheidsgroep behoort en ‘n kwalifikasie agter jou naam kan skryf, gaan ek jou nie kwalik neem as jy jou heil op ‘n ander plek gaan soek nie.

Hierdie regering gaan niks aan dit doen nie want daar is eenvoudig nie genoeg tronke in die land om al die misdadigers te huisves nie.Dit het in 2009 omtrent al R70 000 gekos om een prisonier jaarliks te huisves .Daar was toe ongeveer 166 000 in die tronk.

Dit was die 7de hoogste tronkbevolking in die wêreld. Op die stadium het Amerika 2.3 miljoen, Sjina 1.6 miljoen, Rusland 888 000, ‘Brazil’ 490 000,Indië 370 000, ‘Mexico’ 217000. misdadigers in tronk gehad.

Die lande het egter veel groter bevolkings. ‘Mexico’ het toe 104 miljoen inwoners en Sjina
1.3 biljoen inwoners teenoor Suid Afrika ongeveer 47 miljoen inwoners op die stadium.

Die getalle toon aan dat Suid Afrika een van die misdadigste land ter wêreld is.

Liewe heksie ·

Janette regtig jy kan maar oop venster ry en daar word mense vermoor vir minder as daai ja Ek stem saam dit is waardevol vir n persoon maar so is my land look waardevol en Ek is ook nie in beheer om vir my kleinkids iets te los wat eens op n tyd waardevol was nie

philip ·

Saterdag was daar ‘n tannie haar naam is Toekie Botes haar handsak met R170 en ID asook haar selfoon en haar bloed druk pille is gegryp en laat waai….. maar sy is nie bekend nie so dit tel nie want wie will nou oor tannie Toekie lees haar naam sal nie lesers getalle laat styg nie so dit is nie werd om oor te skryf nie, ( o ja dit was in Braamfontein) sy loop met die voet en is nie so bevooreg om ‘n kar wat staan nog ‘n drywer te bekostig nie. Nou wag daar baie loop om alles weer te vervang vir die tannie. Ek noem die voorval maar sodat ander ook van die onbekende tannie se probleem kan hoor

Tannie Toekie se fan ·

Philip – ek hoor jou en hoop JY gaan tannie Toekie bystaan met hulp, vervoer ens. Charity begins at home…Ek dink nie enigeen wat hier kommentare lewer dink minder van tannie Toekie se skade net oor ons nie van haar weet nie, maar ja, help jy dan, wees jy dan die barmhartige Samaritaan omdat ons nou nie almal in Braamfontein bly en kan help nie.

philip ·

Dankie vir jou besorgheid maar Moenie worry oor tannie toekie nie ek en ander is reeds besig om haar te help, ons gaan dit ook in die kerk blad sit want hulle is bereid om daaroor te berig, ons het net ‘n probleem met die houer wat haar bloed druk pille in was want dit het sentimentele waarde vir haar want haar pa het sy pille daarin gehou en ons kan dit nie vervang nie. David Troy gaan ons help om ‘n replika daarvan te maak vanaf ‘n foto wat die houer op haar pa se bed kassie duidelik wys, so daar is ons ook geholpe.

Tannie Toekie se ander fan ·

Mooi Philip, bly julle help uit. Die tannie Toekies van ons land kom maar nie altyd in die koerante, ek dink nie dis omdat hulle NIE bekend is nie, maar dalk weet die pers maar net nie van elke liewe geval nie. En ja, ons sou almal wou help as ons nader gewoon het maar dis dan goed dat julle nie net praat maar ook self DOEN.

Aloys ·

Skrale troos , dit gebeur ook maar daagliks in ons gesifiliseerde Nederland!

Oom Boer ·

Shaleen, my hart bloei vir jou want ek weet wat vandag in jou hart moet omgaan. Dit is daaglikse werklikhede en baie hoor net daarvan, lewer kommentaar, maar as jy dit wel deurgemaak het dan sien jy ‘n ander lig. Ek is buite ‘n besige sentrum beroof verlede jaar Mei 2015 en het my oorlede Pa se horlosie, kettingkie van my oorlede broer en ring van oorlede vrou met my goueMedic Alert bandjie prys gegee. My beursie met groot kontant, selfoon, bestuurskaart en ander items was my ontneem en ek was agtergelaat met 4 steekwonde in my hand en gelaat met ‘n operasie en 59steke. daarom het jy sentimentele waarde aan dit wat jou toegekom het, die liefde en herrinneringe aan jou ouers wat dae van weemoed jou die krag gee om aan hul en nalatenskappe te dink en te voel. Dit is ‘n groot trauma wat mens moet verwerk en terwyl ek in hospitaal was, kom my ou vroutjie bebloed vir ‘n besoek by die ICU aan om my te besoek net om te verneem sy was ook oppad na hospitaal beroof net na 18H00 die aand en haar items ook afgeneem, Ons moes baie deurmaak om dokumente weer uitgereik te kan kry. Ons dank die Vader ons leef nog vandag, maar dit eis sy tol op jou en jy vrees om net buite die huis uit te beweeg. Die kinders en kleinkinders help nou met die inkopies. Sterkte Shaleen en hoop jy gaan jou items kan vind.

Oom Boer ·

Sune, dit is sekerlik jammer om jou medemens oor werklike gebeure en trauma wat jy moet deurmaak in te lig. Nietemin, het kon dink of moes besef het my skrywe vir plasing sou verwyder word. Daarom bly mens liewer deesdae stil oor wat werklik aangaan. Groetnis

Landi Slatter ·

Dagsê Oom Boer,

Jou kommentaar verskyn wel op hierdie berig. Kommentaar neem soms ‘n wyle voor dit op die berig verskyn. Wanneer jou kommentaar nie dadelik vertoon nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kommentaar afgekeur is nie, dis bloot dalk nog net nie goedgekeur nie, of die outomatiese siftingsproses het dit nog nie geregistreer nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

alletta Strydom ·

my genade vrou……jy bly in Suid Afrika. Dis mos die reënboog nasie . almal word n teiken…… onthou jy het net n ketting en ringe verloor wat van ons wat ons geliefdes verloor veral onse boere…… almal het n keuse bly hier en dra die gevolge of emigreer.
in SA its a way of life.
jy het my simpatie met jou verlies .

Michael ·

My opinie is hierdie dinge gebeur omdat ons in ‘n piesang republiek bly met onbekwaamde leiers wat nie eers ‘n motor ordentlik kan bestuur nie wat nog van ‘n land en welvaart en sekuriteit vir sy burgers,dan dink hulle hulle is vry….lol

Michelle ·

Dit maak my so vies om te sien hoe sommige mense se dat net bekendes se tragedies aandag kry, ek het nou al menigte male gelees en gehoor van ons normale onbekendes se tragedies, selfs die normale outjie om die hoek. Dis ‘n fantastiese gevoel om te weet dat iemand soos Shaleen haar mond oopmaak en se wat sy voel en hoe sy ons mense sien. Iemand moet ons stem wees, veral omdat ons so stil gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.