Shaleen Surtie-Richards: Premier vra staatsbegrafnis; reëlings bekend

Shaleen Surtie-Richards.

Die begrafnisreëlings vir die ontslape aktrise Shaleen Surtie-Richards is bekend gemaak. Sy het Maandagoggend in die ouderdom van 66 gesterf.

Surtie-Richards was bekend vir haar vertolking van die rol van Nenna in die destydse M-Net-sepie Egoli en Fiela Komoetie in die oorspronklike rolprentweergawe van Fiela se kind.

Sy sal Sondag 13 Junie om 14:30 ter ruste gelê word by die Durbanville Memorial Park in Kaapstad. Weens Covid-19-inperkingsmaatreëls sal slegs 36 mense by die diens toegelaat word, maar die diens sal ook regstreeks gestroom kan word.

Intussen het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, aangedui dat hy aan pres. Cyril Ramaphosa gaan skryf om ʼn spesiale provinsiale begrafnis vir Surtie-Richards te versoek. Surtie-Richards se familie ondersteun dié versoek.

Volgens die beleid vir staatsbegrafnisse, kan kategorie 2‑ spesiale provinsiale begrafnisse gehou word vir “vooraanstaande mense wat spesifiek aangewys word deur die president van Suid-Afrika op versoek van die premier van ʼn provinsie”.

Surtie-Richards is op Upington gebore en het in Kaapstad grootgeword. Haar werk het verlede jaar deel geword van die Suid-Afrikaanse Legendes-museum. Sy het in haar loopbaan as aktrise meer as 40 gesogte toekennings ingeoes, waaronder die Fleur du Cap-toekenning vir haar rol in die teaterverwerking van Shirley Valentine.

“Die nasie het ʼn reus verloor wat onthou sal word vir haar groot talent en bydrae tot ons kreatiewe bedryf. My medelye gaan uit na haar familie, vriende en geliefdes gedurende hierdie moeilike tyd en ons sien uit na ʼn positiewe reaksie op ons versoek aan pres. Ramaphosa,” het Winde gesê.

Sou Ramaphosa die versoek toestaan, sal die begrafnisdiens steeds op 13 Junie in Kaapstad plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Androclus ·

Ek dink Ramaphosa het nie keuse nie,sy kaders kry miljoene se staatsbegrafnisse plus klomp beesvleis.

Dirk ·

Volgens my was Ben Kruger ook n legende in die vermaaklikheids bedryf.Maar ja,say no more..????

Genis ·

Nee regtig, dis nou verregaande…. wat is die definisie van n staats begrafnis?

Baardman ·

Het Alan Winde nie belangrike werk om te doen nie. Ons was baie erg oor Shaleen en dink sy was regtig n goeie aktrise maar om n staatsbegrafnis te hou is bietjie erg. Dink Alan skuld die land bietjie meer as dit

Sê maar net ·

Hoekom? En waar trek mens dan daarná die streep met sterftes?
Sy was bekend en geliefd en het groot bydra gemaak ja. Sy sal gemis word, sekerlik. Maar waarom moet Jan Alleman se belastinggeld hiervoor betaal? En dit ten midde van korrupsie en buitensporige vermorsing van geld, ten midde van ‘n pandemie!
Pomp and stance!

Piet parys ·

Aangesien Alan hoogs betaald is kan hy maar vir die begrafnis betaal .

Jack ·

MIljoene werksgeleenthede het tydes duie grendeltyd verlore gegaan. Duisende mense het hulle inkomste verloor en beleef nou swaarkry. Ons moet nie nou geld mors op uitspattighede nie. Shaleen is oorlede. Sy was bekend en bemind maar dit wat haar bekend gemaak het was haar werk, sy is daarvoor betaal. Daar is baie persone wat ook ‘n belangrike, noodsaaklike bydrae tot ie land lewer maar dit nie in die openbare oog verrig nie. Diegene is net so belangrik as Shaleen maar niemand sal dink om hulle vir staatsbegrafnisse te nomineer nie. Na my mening sal Shaleen niks weet van die ophef wat tans oor haar gemaak word nie. Dis goedkoop politiekery.

Visentjips ·

Natuurlik was Shaleen ‘n ikoon en sal haar nagedagtenis beslis gekoester word en voortleef. Net jammer die Premier het nie gehelp toe sy so finansieël swaargekry het nie. Die staatsbegrafnis gaan ‘n fortuin kos….wat help dit nou? Gee eerder ‘n donasie aan die kunste-bedryf as u haar lewe en bydrae wil vier en onthou of is dit jou weer ‘n geval van emosie-politiek, of wat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.