Shaleen Surtie-Richards sterf

Shaleen Surtie-Richards. (Foto: Facebook/Elysian Management)

Elysian Management, Shaleen Surtie-Richards se talentagentskap, het Maandagoggend op Facebook aangekondig dat dié bekende aktrise dood is. Sy was 66.

Die oorsaak van haar dood is nie bekendgemaak nie.

Surtie-Richards was bekend vir haar vertolking in die rol van Nenna in die destydse M-Net-sepie Egoli en Fiela Komoetie in die oorspronklike rolprentweergawe van Fiela se kind.

“Dit is met diepe rou dat ons julle moet meedeel dat Shaleen Surtie-Richards oorlede is. Ons vra dat haar familie en vriende gedurende hierdie tydperk die kans gegun sal word om te rou en die hartseer nuus te verwerk. Ons sal verdere besonderhede verskaf soos wat ons meer inligting bekom,” lui Elysian Management se inskrywing.

Surtie-Richards se werk het verlede jaar deel geword van die Suid-Afrikaanse Legendes-museum. Sy het in haar loopbaan as aktrise meer as 40 gesogte toekennings ingeoes, insluitend die Fleur de Cap-toekenning vir haar rol in die teaterverwerking van Shirley Valentine.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Elize ·

Sjoe. Voorwaar slegte nuus. Sterkte aan al haar naasbestaandes en familie.

voor ek vergeet ... ·

Dis werklik hartseer nuus. Sterkte aan almal wat naby haar geleef en gewerk het.

Misky ·

Sjoe, dis ‘n groot skok en was mal oor haar. RIV en dankie vir die jare se bydrae tot die vermaaklikheid bedryf van SA

Skim ·

Dit is skokkende hartseer nuus! Sy was ‘n ongelooflike mens en briljante aktrise. Mag sy in vrede rus. My innige meegevoel met haar familie en vriende.

Mallie ·

Aai pou Nenna. Nou kan jy lekker underground rolle vertolk. R.I.P.

Adrie ·

RIV liefste Nenna. Ons het ‘n groot gees verloor. Innige simpatie aan haar geliefdes.

Yolandie ·

Jy was ‘n uitstekende aktriese Shaleen. Mag jy nou siele rus vind. Amen!!!!

Samuel ·

Sy was groot gees in die vermaaklikheidsbedryf. Sterkte vir haar naasbestaandes.

modiglianigirl ·

Neeeee! My hart is stukkend. Sy is ‘n fenomenale vrou!

Visentjips ·

Ag dit is nou hartseer nuus….voorwaar uniek en baie talentvol. Sy sal gemis word in die kunstewêreld. Sterkte aan haar geliefdes.

Belinda ·

Ai hoe sad was dit nie toe my ma dit op ons familie groep deel nie! net gister haar op mamma jack gekyk op een van die tv kanale. Sy was inderdaat n baie goeie aktrise. Mag haar siel vrede kry. Alle simpatie aan al haar familie en vriende. My ma het nog gese sy sou wat gee om haar te kon ontmoet want Shaleen lyk na n uitgesproke persoon wat mens kan laat skater, as mens so na haar persoonlikheid kyk.
RIV Shaleen Surtie Richards, jy gaan inderdaad wel gemis word deur talle mense … xxx

Retha ·

Ek het voorreg gehad om haar persoonlik te ontmoet en ook handtekening te kry. Plat op die aarde sonder enige aanstellerigheid

Stof ·

En so, vertrek al hoe meer akteurs wat ons oor ‘n leeftyd met hulle talente vermaak het. Die bedryf krimp en dit is onvermydelik om te wonder wat daarvan gaan word as nog van ons helde so kort na mekaar vertrek.

Niklaas ·

Sy was een van die beste aktrises wat ek van weet. Het optredes van haar by Innibos, Nelspruit baie geniet

ES ·

Sjoe dis hartseer nuus! Sy was ‘n ongelooflike goeie aktrise!

Hennie ·

RIV. Goeie aktrise en ‘n legende gewees. Sy het egter al vir ‘n paar jaar siek gelyk.

Wiehan ·

Shaleen was een van die HEEL groot Afrikaanse Akteurs. Gaan haar goeie spel baie mis. RIV grote!

Annelize ·

Wee jy….dis nou bitter slegte nuus, ek voel sommer nou skoon omgekrap. Uitstekende aktrise, onvervangbaar.

Patch ·

Rus in vrede. Jy was ‘n legende in my oë. Jy het jou Egoli en Fiela se kind rolle met soveel passie gespeel. Daar sal nie ‘n ander Fiela Komoetie wees nie!

Blomme ·

ń Groot Seder in die vermaak bedryf wat geval het.. Sy laat beslis ń groot leemte.

Winnie ·

Sy was huishoudelike naam in SA huise almal het geweet wie Nenna is. Dis groot verlies vir ons almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.