Sharma se swaer ook in hof oor suiwelprojek

Dinesh Patel, die swaer van Iqbal Sharma, ’n hoëprofiel-sakeman en vennoot van die Gupta-broers, het Dinsdag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn (Foto: NPA Investigating Directorate)

Dinesh Patel, die swaer van Iqbal Sharma, ’n hoëprofiel-sakeman en vennoot van die Gupta-broers, het Dinsdag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die omstrede Estina-suiwelprojek.

Patel staan saam met Sharma en drie amptenare van die departement van landbou in die Vrystaat tereg op aanklagte van bedrog van sowat R25 miljoen.

Maroela Media het vroeër berig sowat R25 miljoen is tussen 1 November 2011 en 28 February 2012 deur die departement aan die maatskappy Nulane Investments 204 betaal om ʼn studie te doen om te bepaal of die Estina-suiwelprojek uitvoerbaar is. Patel is ʼn verteenwoordiger van Nulane en dié maatskappy is ook die vyfde beskuldigde in die saak.

Nulane het aan ʼn maatskappy, Deloitte Consulting (Edms.) Bpk., wat die studie teen ʼn bedrag van R1,5 miljoen gedoen het, uitgekontrakteer.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat (OD), sê Patel het hom aan die direktoraat oorgegee. Hy is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Patel is een van die 17 beskuldigdes wat in die saak tereg staan.

Sharma en die drie amptenare van die departement is op 2 Junie met die hulp van die Valke in hegtenis geneem. Die amptenare wat saam met Sharma in die hof verskyn het, was Mbana Peter Thabethe en Limakatso Moorosi, voormalige departementshoofde, en Seipati Silvia Dhlamini, voormalige finansiële hoof van landbou in die Vrystaat.

Die amptenare is al drie op borgtog van R10 000 vrygelaat, maar Sharma is egter borgtog geweier omdat hy as ʼn vlugrisiko bestempel word.

Vier Gupta-familielede – Atul Gupta, Rajesh Kumar Gupta, Chetali Gupta en Arti Gupta – wat tans in die buiteland sit, is ook beskuldigdes in die saak. Die proses het reeds begin om hulle uit te lewer.

Buiten Nulane, is Wone Management, Pragat Investments, Islandsite Investments ook maatskappye wat beskuldigdes in die saak is.

Al die beskuldigdes sal na verwagting op 5 Julie weer in die landdroshof verskyn. Die saak sal dan na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

Ja nee die nes word nou oopgekrap. Hoop hulle eindig waar hulle hoort, in die TRONK

Grassie ·

Hulle sê niks van Eish nie. Hy was dan die hoogste gesag in die Vrystaat daardie tyd.

JohanR ·

Eish is ANC. Hulle gaan nooit tronk toe nie! Hulle gaan huis toe vir drie jaar en sit op volle salaris, en dan word hulle weer ontplooi waaneer die stof gaan le het. Eish sal eendag terugkom as PRESIDENT!

Belinda ·

man sluit net almal toe wat gelink is met die Gupta’s… hulle is almal skelm! Hulle en al hul chommies in government.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.