Shaun Abrahams sy pos kwyt

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die aanstelling van Shaun Abrahams as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) was onwettig en moet ter syde gestel word.

Dít was Vrydag die beslissing van die Noord-Gautengse hooggeregshof.

Dit volg nadat burgerlike organisasies die hof genader het om ʼn goue handdruk van R17 miljoen wat Mxolisi Nxasana, Abrahams se voorganger, in 2015 ontvang het onwettig te laat verklaar.

Maroela Media het vroeër berig pres. Jacob Zuma het in Junie 2015 ʼn skikkingsooreenkoms met Nxasana bereik waarvolgens Nxasana sy posisie as NDOV van 1 Junie 2015 af sou verlaat.

Die ooreenkoms het gevolg ná ʼn tien maande lange struweling tussen Zuma en Nxasana. Die struweling het in 2014 begin toe Zuma ’n ondersoek aangevra het om te bepaal of Nxasana bevoeg is om sy amp te beklee. Dié stap het gevolg nadat dit aan die lig gekom het dat Nxasana versuim het om vorige botsings met die gereg te verklaar, waaronder ʼn aanklag van moord in die 1980’s waarop hy vrygespreek is.

Abrahams is kort ná Nxasana se bedanking in 2015 as die nuwe hoof van die NVG aangestel.

Nxasana het intussen gesê hy is gewillig om die skikkingsbedrag terug te betaal en na sy posisie as NDOV terug te keer. Die hof het egter bevind dit sal nie gepas wees vir Nxasana om na sy posisie terug te keer of vir Abrahams om in die pos aan te bly nie.

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa moet nou binne die volgende 60 dae ‘n nuwe NDOV aanstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Marius ·

Mooi nou kom ons kyk wat gebeur nou met die Zuptas omdat Shaunie nie meer geskik is vir die pos.Goeie nuus

Karel ·

CR17 moet vir Thuli Madonsela aanstel en dan sal die herrie behoorlik los wees met Jakob en sy trawante.

Carel ·

Thuli Madonsela se aanstelling is omtrent die enigste opsie, om Jan Publiek se vertroue in die NVG te herstel . . . stem saam!

Eish ·

Soms, een keer in n leeftyd, speel alles mooi saam en jy ontvang die geskenk van jou drome. Dit dwing jou tot stilte en n traan want jy weet watter opoffering die gewer gemaak het ten einde jou droom te bewaarheid.
Vergewe my, want ek beleef so n oomblik!

Basjan ·

Hierdie klink vir my alteveel na ‘n feëverhaal, of soos die Engelsman sou sê: “Fake News”!

Justice ·

Carel in regeringsterme noem hulle dit “Petty cash” – die perde kan net in miljarde tel.

Klinkreg ·

Wat ‘n mooi berig om te lees – en nou sal ons sien of Zuma die volgende skuif ook sal kan manupileer soos die voriges . Hoop sy dag van waarheid het nou vinnig aangebreek . Ramaphosa moet nou net reg kies en vir ‘n slag een aanstel met integriteit

Monré van der Nest ·

Waar is Thuli Madonsela? Ons moet haar dadelik aanstel!

Eish ·

Wat van belang is, is dat die hof bevind het dat Zuma nie die volgende hoof kan aanstel nie, maar wel die adjunk president. Belange botsings.
Die burgerlike organisasies wat die saak voor die hof gebring het is:
Freedom under the law,
Corruption Watch en
Council for the Advancement of the South African Constitution.
Die nog nie huistoegaan tyd nie mense.

Paul ·

He-he-he-he. Die wiel draai maar stadig maar hy draai. Hoop geregtigheid sal geskied!

Marcel ·

Die tydsberekening hieraan is vir my nogals opvallend. Shaun moes vandag sê of hy vir Zuma gaan vervolg op al sy korrupsie klagtes. Hoe gerieflik is dit dat hy nou ewe skielik nie daai aankondiging kan maak nie. So word die pionne maar rond geskuif in die land van ons net om 1 man te beskerm…

Johnnie ·

Jipieeeeeee nog n Zuma tjommie sy pos kwys. 10 uit 10 vir die regters.

Piet Pille ·

Marcel wat jy noem is baie goed raak gevat. Shaunie sal seer sekerlik opduik in ‘n ander belangrike pos.

mmc ·

Abrahams moes LANKAL in die pad gesteek gewees het. Laat dit vir hom n les wees.

Alida ·

Mooi man hy het gedink Zuma sal vir altyd daar wees vir hom. Big mistake. Dankie aan die oulike Regter.

jaco ·

Zuma van die ANC word verkla van sekere misstappe/misdade en díé klagtes word beheer deur die Dept van Justisie, wat deur díé ANC-regering beheer word. Sekerlik is dit ‘n baie maklilke proses om hierdie hele ding nietig te verklaar. Dis 2 dae se administratiewe formaliteite. Maar die saak sloer en sloer al vir jare. Iets maak nie sin nie.

Leon ·

Dalk kan Oscar ook nou appel aanteken aangesien hy die een was wat BAIE graag wou he die straf moes verleng word

LMF ·

Mooi man julle val een vir een wag vir julle dat twee vir twee val hahaha banana

Corne ·

Ai SA ons gaan voorwaar n lekker Kersfees he! Welgedaan aan almal wat die asnsoek gebring het en die Regter!

PJC ·

Dit kan net goed wees as die land van so ń beginsellose skaamtelose wese ontslae kan raak.

apie ·

Skokkend dat iemand met so min integriteit in so ‘n professie sit. Dit herinner mens daaraan om net nog harder te werk aan integriteit en eerlikheid.

Eddie Roos ·

Moenie te gou bly raak nie, Zumpie kan nog baie draaie binne die Reg maak en die tyd rek !!

Luister ·

Mag mens se: HOERAA!!!
Hoop nie hy gaan vasklou soos daai ou ; Hlaudi van die SAUK nie!!

Veritas ·

Diegene wat nou so opgewonde raak oor die hofuitspraak, moet net een ding onthou. Ons lewe in ‘n kwazi- diktatorskap en Jacob Zuma wil nie graag tronk toe gaan nie. Siende dat hy nie sal kan appelleer teen die uitspraak indien die Konstitusionele Hof, die aansoekers, gelyk gee nie, gaan Jacob Zuma ‘n ander truuk probeer. Moet nie verbaas wees as hy ‘n noodtoestand afkondig om homself te red nie. Vir hom is dit maklik om die ANC jeugliga te mobiliseer om die land onregeerbaar te maak. Sodoende kan hy aan beheer van sake bly totdat hy eendag die pad van Robert Mugabe stap. Hy het mos gesien hoe lig Mugabe hiervan afgekom het. Onthou net een ding. Ons lewe in Afrika en Westerse konsepte tel nie juis punte hier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.