Shell kry wind van voor oor planne met Wildekus

Shell (Argieffoto)

Die bewaringsorganisasie Oceans not Oil het ’n petisie opgestel teen die olie-en-gasreus Shell se planne om vanaf volgende maand na olie en gas aan die Wildekus te soek.

Die petisie het teen Maandag reeds meer as 84 000 handtekeninge ontvang.

Dít volg nadat Shell onlangs aangekondig het dat hy Shearwater GeoServices aangestel het om van 1 Desember namens hom seismiese opnames vanaf Morgansbaai tot by Port St. Johns uit te voer op soek na gas en olie op die seebodem.

Dié opnames sal vir vyf maande uitgevoer word waartydens 6 011 km² van die seebodem gedek sal word.

Oceans not Oil skop egter daarteen aangesien herhaaldelike skokgolwe gedurende dié tydperk op die seebodem afgevuur sal word ten koste van die seelewe.

Volgens die beswaringsgroep sal die skokgolwe deur 3 km van die water en 40 km van die aardkors onder die seebodem dring.

Janet Solomon, stigter van Oceans not Oil, wys daarop dat 48 luggewere elke 10 sekondes afgevuur sal word.

“In die proses sal die seelewe aan die sensitiewe Wildekus paniekerig raak en skade ly,” sê Solomon. “Baie seediere kan in die komende maande geraak word – walvisse, dolfyne, robbe, pikkewyne, haaie en selfs krappe en piepklein skulpvis sal getref word.”

  • Die petisie sal aan Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye, oorhandig word in die hoop dat die minister ’n stokkie voor Shell se planne sal steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Wat wil hulle nog vernietig en verwoes. Moes geweet het die ANC sit weer hier agter. Alles wat asem het en lewe moet mos vernietig word ten koste van ander. Iewers moet hierdie ANC Regering gestuit word en van hul troon onthef word. Ons stuur op ‘n 2de Etihopië af as dit so aangaan.

Misky ·

Klik op die skakel bo in die artikel. Gekleurde woord “petisie” en jy word herlei

Ou Baardbek ·

Gaan na Oceans not Oil se webwerf, of klik op die “blou” petisie in die artikel.

Jacobus ·

Dit is presies hoekom die buiteland die korrupte ANC regering aan bewind wou he. Om die land te plunder ongeag die skade.

annie ·

Shell is reeds baie onwelkom bo in Afrika nadat hul die riviermonde en kus bemors het met olie en nou kom die maatskappy wat aan die Nederlandse koningshuis behoort hierheen. Groot gewag word gemaak oor klimaatsverandering en die vernietiging van die natuurlewe maar niks verander regtig nie.

Danie ·

Nee onaanvaarbaar.
Daar is sekerlik ander maniere om opnames te doen.

Waarnemer ·

Boikot Shell,vul jou voertuig met brandstof by Engen…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.