Shell onttrek aan SA en dis ANC, EFF se skuld, sê DA

Shell (Argieffoto)

Dit is amptelik, Shell gaan hom aan Suid-Afrika onttrek.

“Shell het besluit om die stroomaf-portefeulje te hervorm en beoog om ons aandeelhouding in Shell Downstream South Africa (SDSA) te onttrek,” het die oliereus Maandag in ’n verklaring bevestig.

Die maatskappy sê egter dié besluit is nie ligtelik geneem nie, en is gedoen met inagneming van SDSA se roemryke geskiedenis in Suid-Afrika.

Die maatskappy doen sedert 1902 sake in Suid-Afrika.

Verskeie publikasies, waaronder Sunday Times en City Press, het oor die naweek berig dat Shell van plan is om hom aan Suid-Afrika te onttrek. Die oliereus wou aanvanklik nie die bewerings bevestig nie.

Hy sê egter nou in ’n verklaring die besluit is geneem ná ’n omvattende hersiening van “… die stroomaf- en hernubare ondernemings oor alle streke en markte heen in ooreenstemming met Shell se fokus op prestasie, dissipline en vereenvoudiging”.

Die DA sê egter die oliereus en ander groot maatskappye onttrek hulle aan Suid-Afrika weens die “onherbergsame omgewing” wat die ANC-regering bevorder.

“Duisende werksgeleenthede is op die spel terwyl die ANC, en sy voornemende koalisievennoot die EFF, nie omgee nie,” sê Dion George, die DA se woordvoerder oor finansies.

Luidens sommige berigte is Shell tans in ’n bittere twis gewikkel met Thebe Investment Corporation, sy vennoot vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB), oor die waarde van Thebe se belang in die maatskappy.

George sê die ANC en EFF is vasbeslote om rasgemotiveerde statistiese beleid te verskans.

Dít terwyl plaaslike en internasionale sentiment op ’n algehele laagtepunt is. “Beleggers, wat reeds ontnugter is deur die ANC se onlewensvatbare benadering om ’n ekonomie te bestuur, vlug uit Suid-Afrika met die vooruitsig van ’n ANC/EFF-oordeelsdag-koalisie.

“Daarvan getuig die meer as ’n triljoen rand wat reeds oor die afgelope tien jaar ons kus verlaat het,” sê George.

“Die verwesenliking van die oordeelsdag-scenario sal die vlug van kapitaal uit Suid-Afrika bespoedig aangesien misdaad en werkloosheid hoogty vier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

OneWheel ·

Beteken dit dat al die Shell Ultra Cities nou “No Name Ultra Shanty Towns” gaan word?

domheks ·

VIVA cANCer! Julle doen BAIE goed. Niemand wil meer in die hool bele nie!

Wakkerslaper ·

Nee, nee DA! Dit is nie NET die huidige regime se skuld nie. Julle klomp links-liberales was mos maar al te gretig om te “onderhandel” en die ANC aan bewind te kry. En die DA is mos ‘n ondersteuner van SEB, of hoe?

Net nog van die lekker papvrot “KODESA” vrugte wat ons nou pluk…

Skyspy007 ·

Ja….en so vertrek almal hier. Die land is ‘n nes van geweld, bedrog, diefstal moord en doodslag. Die wêreld se oë is besig om oop te gaan….net bietjie laat. Dit moes al 30 jaar terug oopgegaan het

etienne ·

En so sal al die investment die land verlaat in die nabye toekoms. SA onder die cANCer is gedoem. Daar wag nog bitter swaar tye vir ons.

George ·

@Bekkie, omdat die NP hul freerange gegee het om te dril waar hulle wil, so die kom toe dit stop gesit word, of wil julle dat hulle weskaap ook platpomp en ons nog duurder aan olie moet betaal

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC is beslis te blameer vir die onsekerheid. Maar die sakeomgewing verander vinnig, plaaslik en internasionaal. Nuwe tegnologie en veranderde verbruikersbehoeftes speel ook ‘n rol. Dis die staat se taak om veranderings te monitor en die ekonomie gereed te maak vir die veranderings. Die ANC, EFF en MK met hul SEB kan dit nie doen nie. Hulle dink die goeie ou dae sal vir ewig aanhou. Mynbou en fossielbrandstof se dae is getel. Kyk hoe sukkel Sasol deesdae. Net ‘n kwessie van tyd dan gaan hulle ook verkas, ongeag wie regeer.

Papsak ·

Alles sal dood gaan en verval en mog duurder raak solank die anc en eff aan die bewind is want hulle wurg alles dood om hulle kyk hoe duur is kos en petrol hulle die hoof oorsaak hulle moet uit en alles sal normal raak ???????

Di ·

NOG ‘n oorwinning vir die ANC, VERWOESTING op die hoogste vlak maar in media vertel hulle hoeveel suskes hulle behaal het vandat ANC aan bewind is

Debbie ·

Dit is maklik om te se goed so hulle moet onttrek. Maar dink julle aan al die mense wat sonder werk gaan sit

JOHN ·

Mooi so Shell ! Enige maatskapy wat sy sout werd is sal ontrek van die korrupte land !

ekweetniks ·

iemand beters sal sekerlik die stasies oorneem, die Ultra City by Escourt op die N3 is “horrible” om die minste te sê – kom Engen vat hulle almal

Petrus Albertus ·

Dit is heeltemal waar dat hierdie nuss eintlik ‘n ramp verteenwoordig MAAR almal is nou kwaad vir die ANC maar Shell, ‘n Nederlandse maatskappy, het tog in eie reg die huidige regime help aan bewind kom – et soos Anglo-American en net soos Anglo onttrek hulle nou aan die gevolge van hulle maaksel. Dit laat maar ‘n wrang smaak in die mond. Ek hoop hul BEE venoot kos hul miljarde! Terwyl hul so gretig was om die regime te dien (en verklaar het na Koningin Wilhelmina Laan in Pretoria se naam verander is dat sy dit sou goedkeur want sy was ‘n vryheidsvegter, om van naar te word).

George ·

Nie lank terug nie, het julle almal julle toys gegooi toe hulle wou dril, en nou wil julle, hulle terug he. Net so ter inligting, hoeveel van julle gooi by hulle in? Wat op avg n verskil van R2.05 per L diesel het?

Oom Charles ·

SHELL moet dan ook konsekwent wees en nie by die agterdeur probeer inkom met ‘fracking’ wat die ondergrondse strukture grootliks nadelig gaan beïnvloed nie
Hooggeplaastes in dieselfde ANC het beweer dat plofladings vir prospekteerwerk aan die kus en ook die vernietigende ‘fracking’ hoegenaamd geen invloed kan hê op die geologie of die drinkwater nie
Hoe onnosel moet ‘n mens wees om dít te glo!
Dus, as SHELL waai, moet almal daardie finale lyn dwarsdeur trek

minnie muis ·

evolusie het nooit in afrika gebeur nie,,, die ontwikkeling om te groei het gebly in steentydperk..

Bolandse Nooi ·

@Wakkerslaper, waar was jy in ’92, met CODESA 1 & 2 … toe die (ou) NP hulself aan die neuse laat lei het deur Mandela & kie. en hulle geglo het in ‘n post-Apartheid, drie-enige samewerkende regering? Hulle het sowaar-as-wat-padda-manel-dra, gedink die “drie-party alliansie tussen die ANC, COSATU en die SACP sal uitwerk en dat die NP “until death do us part” saam sal kan regeer. THAT DID NOT HAPPEN! En die NP het dit te laat besef.

Leeubekkie ·

Tekens van die tye. Dit gaan nou wêreldwyd so sleg. Het ons as Suid Afrikaners gedink ons gaan dit vryspring?
Kyk dieper. Dis die begin van die groot verdrukking.
Elkeen moet diep selfondersoek doen en sy/ haar saak met ons Skepper regmaak. Sonder Hom is ons niks. Ons het Hom nodig, meer as ooit tevore.

Manie ·

Nou hoeveel dink Thebe Investment is hulle R100 000.00 belegging werd?

Marthinus W ·

Die ANC se beleggingsmaatskappy, Chancellor House, het nou die dag nog iets soos 27% van Shell besit. Miskien is daar ander redes vir die vertrek.

Chris ·

Dis goed so. Laat die Neiderlanders gaan. Plaas dat hulle sommer van die plaaslike BEE vennote en aangelapte familie saam vat. Die een mpy gaan maar net deur ‘n ander vervang word. Het in elk geval nie Shell petrol in my karre ingegooi nie. Die Neiderlanders se meerderwaardige houding het my in elk geval nie aangestaan nie. Die hele brandstof mafia is kop in een mus. Gaat je wel….

Chris ·

Minnie muis, ek glo nie aan die ewolusie teorie nie. Maar wraggies die “reverse evolution” is duidelik te bespeur in ons geledere.

Republikein in die Wes Kaap ·

@ekweetniks, Engen is in die Petronas stal en dié wil ook padgee…

Frank ·

Dalk bietjie slaap inkry wakkerslaper dan sal jy besef dat ons 30 jaar die toekoms is en nie soos die ANC en EFF knaend in die verlede lewe nie

Ronél ·

“Hande uit die moue, daar’s werk”……………..laat ons by onsself begin!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.