Rugby-bakleiery: Studente aangekla

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Verskeie studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Dinsdagmiddag ʼn brief van die universiteit ontvang waarin hulle voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word rakende die voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het.

Volgens die brief, wat Maroela Media onder oë gehad het, word die studente beskuldig van aanranding met die doel om ernstig te beseer, openbare geweld en die beskadiging van die UV se goeie beeld. “Jy is skuldig aan ernstige wangedrag in oortreding van artikel 1(2) van die UV se reëls oor studentedissipline, aangesien jy op of gedurende 22 Februarie 2016 op die kampus van die UV, Shimlapark, onwettig en opsetlik ʼn betoger aangerand het met die doel om ernstig te beseer deur die betoger te duik,” lui die brief.

Die brief sit ook die studente se regte uiteen en wys daarop dat elke student geregtig is om aanwesig te wees tydens die dissiplinêre verhoor en antwoorde te gee op die aanklagte teen hom. Die studente kan ook getuies roep om in hul verdediging te getuig en kan deur ʼn ouer of voog bygestaan word. Die studente moet reeds Donderdag voor die dissiplinêre komitee verskyn.

Van die studente wat briewe ontvang het en verkies om anoniem te bly, het aan Maroela Media gesê dat hulle kan bewys dat hulle nie eers ten tyde van die voorval op Shimlapark was nie.

Maroela Media het vroeër berig chaos het in Februarie by ʼn rugbywedstryd op die UV-kampus uitgebreek toe betogers op die veld gehardloop en die wedstryd ontwrig het. ʼn Geveg het na bewering uitgebreek en talle omstanders het glo ook op die veld gehardloop. Die betogers is glo van die veld verjaag en die polisie was oomblikke later daar. Van die betogers is glo ernstig in die bakleiery beseer.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê hulle gaan nie in die stadium kommentaar lewer nie en die universiteit sal Woensdag ʼn verklaring oor die aangeleentheid uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Asjas ·

Verstaan ek die berig reg?? Is die betogers nie aangekla nie maar wel studente wat net in vrede wou sport beoefen??

rudi ·

Ja. Jy verstaan reg. Dis belaglik maar daar bestaan net een opsie. Ons moet die ongelooflike strukture van die verlede groet en die nuwes bou. Daar is baie nuwe opsies soos Akademia en Aros. As ons hul nie ondersteun gaan ons soos wit toilet papier gebruik word

Schalk ·

Liewe land, nou is die betogers die slagoffers! Het Jonathan Jansen nou heeltemal ontspoor en vergeet van sy hantering van die Cobus Muller en Charl Blom episodes toe hy hulle valslik beskulodig het van ‘n rassistiese aanval, summier geskors het, en agterna ‘n sessyfer randbedrag aan kompensasie moes betaal toe hulle deur die hof onskuldig bevind is?

GES ·

Dit is hoe ek dit ook verstaan. Die kersie op die koek is natuurlik studente wat aangekla is en nie eens by die sportveld was nie. As dit waar is, is die UV maar ‘n sieklike plek.

Nic ·

GES, gaan lees mooi- hulle word nie aangekla nie, hulle is sommer klaar skuldig bevind…

yster 74 ·

Wat van betogers. Wat van al die mense wat skade veroorsaak het op kampus. Motors wat beskadig is. Nee ek weet nie

Kiepie ·

Kan iemand bevestig of die betogers wat tydens die staking die standbeeld van Pres. CR Swart met ‘n hamer en beitel bygedam en beskadig het ook reeds geidentifiseer en voor ‘n dissiplinêre komitee gedaag is? Hulle was tog duidelik sigbaar op die video’s wat in die media en sosiale netwerke die rondte gedoen het.

Woedend ·

Dit sal nooit gebeur nie, die betogers is onaantasbaar!! As dit ons kinders was, dan was hulle klaar voor die dissiplinêre komitee gewees!! DUBBEL STANDAARDE!! Kyk nou na die, ons kinders is in die moeilikheid, en hulle was nie die wat betoog het nie!!???? Al wat ons kinders by die universiteite wil doen is leer en hulle grade kry maar hulle word dit net nie gegun nie!! Die handjie vol betogers by al die universiteite kom met alles weg, kyk net na al daai skade by die universiteit van Kaapstad, van hulle gesigte was ook net so sigbaar gewees daar waar hulle al daai skilderye verbrand het! Weereens DUBBEL STANDAARDE!!!????

Deon ·

Hoekom as die “betoger” bordtjie om iemand se nek gehang word het hy ewe skielik meer regte as die student wat sy sport beoefen? Of meer regte as die student wat wil klas loop in voorbereiding vir sy toets? Gaan weer in ń kleur kwessie verander .

Ida ·

As ek nou iets sê gaan ek ook n briefie kry wragtag!!! Dis belaglik!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

E ·

Nou ma laat daai selle studente, kom ons noem dit maar sokker/golf/hokkie … (kies maar enigeen) ontwrig. wat sal dan gebeur?

Gavin ·

UV dit is die belagligste ding wat ek ooit gelees het. Het die betogers die reg gehad om die vedstryd te onwrig en die student te dreig.
Geen wonder als word in die land verwoes nie. Betogers het meer reg as mense wat ook regte het om hulle verskillende bedrywe te beoefen.

Jdp ·

As ek reg onthou het die studente wat betrokke was by die sogenaamde aanranding gereageer nadat n swart manlike betoger n blanke meisie n vuishou in haar gesig gegee het. Dit was duidelik op you tube beeldsendings .Ek is trots op ons jongmans wat haar te hulp gekom het.Ek kan nie sien dat hulle skuldig kan wees aan aanranding nie.Die aanrander was die swart manlike betoger wat n meisie met sy vuis in die gesig geslaan het.

marieta ·

klink my mos die woordjie ‘swart’ maak deure oop en toe……. net jammer dit beteken ook baie keer onregeerbaar….oneerlik….vals …. destroyer van goed waarvoor ek en my familie nie betaal het nie en ook nie ons eiendom is nie….

Pieter le Roux ·

Afriforum moet die studente bystaan. Ouers moet klasgelde weier oor swak bestuur. Vanwanneer af hanteer ‘n mens kliente so? Ja, studente is kliente en Jansen vergeet dit. Ouers moet klas aksie saak teen universiteit maak as die senaat en bestuur nie van Jansen ontslae raak nie. Dis julle geld wat moet praat. Julle het goeie gronde om Jansen as rasis uit te wys en as die hof die siening steu is ek seker die frondwet van UOVS laat nie rassistiese praktyke toe nie en moet dan noodgedwonge van Jansen ontslae raak. Hy is soos Zuma,onskuldig al weet ons almal die keiser is kaal. Hy moet net herinner word.

Jan maak n Plan ·

Pieter ek stem saam met jou. Wat van die studente wat se studies en tyd gemors is deur die betogers. Wat van die arme meisie wat met die megafoon onderstebo geslaan is by die hek. As ek hierdie studente is maak ek nog n siviele saak teen Jansen en se maatjies ook en dagvaar die daglig uit hulle uit.

Dup du Plessis ·

……..kan my nie indink dat daar al ‘n hofsaak was waar iemand aangekla is omdat hy/sy iemand op ‘n RUGBYVELD geduik het nie…….dis tog immers waarvoor dit daar is – vir duik, vir stoei, vir druk, so af en toe ‘n stamp en selfs hier en daar ‘n hou……maar daarvoor is daar geel en rooi kaarte……..Jansen moet dalk net kennis neem hiervan……….

Groot Boer ·

Kom ons noem dit ONDERDRUKING!…..
Mag ons gou genoeg wakker skrik!

FM ·

Jansen het dieselfde houding as Zuma: hy dink hy is onaantasbaar. Toemaar proffie die wiel sal draai en jy sal dalk nog verras word. Ek dink persoonlik jy het n verskuilde agenda wat nog oopgevlek gaan word. Seker die swakste leier op kampus!!!!!

Veritas ·

Die gekruip om betogers, wat onwettig optree, hul sin te gee, gaan nog terugkom om universiteitsbesture te byt. Dit sal my met groot lekkerkry vul.

Joann ·

Maroela gooi my kommentaar uit. So nou se ek maar net: foeitog die arms bloedjies hoe kan hul nou aangekla word. Dit is die stoute betogers se skuld. Ha haaaaa ha

TTh ·

Dit is eenvoudig, ek sal glad nie gaan as ek so on brief kry nie, daardie kommitee kan namens my sommer nog ‘n koppie tee drink, wat ‘n gekkespul.

Willem13 ·

Dis bog hierdie, hulle het n sports geleentheid beinvloed, hulle moes soos kaal naelers gearesteer word het.

louis ·

Ek vind dit kwaadwillig en aanhitsinmg tot verdere aksie. Daai betogers was onwettig en het mense aangerand. Dis wat jy doen as jy moeilikheid soek. Die nonsens moet nie geduld word nie.

JC ·

Dit is wragtig die grap vd jaar die plek voel nie meer soos n varsity nie. Veg terug !! Afriforum staan asb die studente by. Meer mense moet aansluit by afriforum dis al hoe hierdie nonsens gestop sal word ! Hierdie Jansen affere moet beslis gestop word!

Chaindre ·

Die beste is hul miet dondeedag verskyn en die studente is IN die MIDDEL van toetsweek!!!!

Gys ·

Ek glo dis doelbewus so gereel om nie vir die betrokke studente genoegsame tyd te gee om hulself voor te berei vir hul verdediging nie.

Henk ·

Wat van betogers wat mede studente aangerand het tydens betogings?Die tyd is ryp om belastings,en ennigge betalings aan staats en semie staats instellings terug te hou soos aan,Eskom,stadsrade,BTW,ens. Laat die stroom van voorsiening van fondse STOP!!!

Kenny Erasmus ·

Daar is ongelukkig net twee tale wat tans in die land verstaan word, die eerste is die van afbreek en verwoes (verwys ook na Blade Nzimande se kritiek teenoor ouers wat hul studente-kinders aangehits het tot betoging). Die tweede taal wat hierop volg is dat die “onreg” in die howe omgekeer moet word. Lomp, omslagtig en baie duur maar dis ongelukkig die enigste taal wat wetteloses dwing om te verstaan! Ek hoop regtig iemand bied hierdie studente regshulp aan.

Lance ·

Die betogers was uitlokkend ….so wat verwag mens …jy eet en eet en eet op tot op n punt ….wat verstaan die mense nie …..dis moeilik maar kners maar op jou tande ….betogers moet aangekla word van aanhitsing tot geweld ….kan mense net asb begin sien wat aangaan. Gaan betoog jy nou by n sokkerwedstryd en sien watse reaksie jy gaan kry ….

Woedend ·

Ek wonder, die betogers wat daai skilderye by universiteit van Kaapstad verbrand het, het hulle in die moeilikheid gekom?? Het enige van die betogers wat skade veroorsaak het en wat duidelik sigbaar was op foto’s en videos was in die moeilikheid gekom?? Ons kinders wil net in vrede klas gaan, hulle werk studeer en hulle studies klaar maak maar hulle word dit nie gegun nie!!

Kyk nou weer, hier was hulle aangeval, daai meisiekind was met n megafoon onderste bo geklap maar het hy in die moeilikheid gekom?? Nee, net ons kinders het wat nog die hele tyd die reëls volg!! Dis nou genoeg, wat vir die een geld moet vir die ander een geld, maar nee dit sal nie!! Hoekom nie??

Want hulle het DUBBEL STANDAARDE!!
SKANDELIK, EK HOOP DIE OUERS SUE DIE UNIVERSITEIT NA DIE HEL EN TERUG!!???

Ek

Groot Boer ·

Woedend…. ek voel jou!…. Glo maar ek is net so WOEDEND!!
Ek sal maar eerder nie hier sê wat ek wil NIE!

Woedend ·

@Groot Boer, ek is verby woedend!! Ek is so bang deesdae om iets te sê veral wat in my hart is….en ek was nooit so nie!! Nooit nie!! Ek moet eerder stil bly, anders huil ek weer van woede!!! Ek is bang ek kom in die moeilikheid!! Ek bid en bid, wanneer gaan ons Hemelse Vader ons kom haal?? Ek hoop Hy doen dit gou! Ek bid dat Hy ons kom haal!!! Die geweld is besig om my onder te kry! En nou dit ook nog!! Ek kannie verhelp om te wonder hoe ons kinders werklik voel oor alles nie…..ek wens ek het geweet hoe hulle wat soveel jare jonger is as ek “cope” met alles!!!

Joe ·

Het gewag hiervoor!!! Die probleem is, ons blankes het niemand wat namens ons kan optree en saak maak nie.
Die Vryheids front is net daar vir eie gewin, hierdie tipe dinge, soos bv wittes wat deur swartes gemoor, gemartel word gaan ongesiens verby, maar laat ‘n witte nou aan ‘n swarte raak????? Mense ons blankes besef nie hoe diep ons, ons kultuur ,kinders en toekoms in hierdie land is nie!!!

JB ·

Die slim heer Jansen en sy meelopers is seker weer agter hierdie nuutste grap. Wat het van die betoger geword wat meisie geslaan het? Is hy intussen bevorder? Sal my nie verbaas nie…..

m ·

Ons het mos van die begin af geweet dat net wit student uitgewys gaan word. Dis hoe diskriminasie werk.

Henko Pienaar ·

Hierdie nonsens het alles laasjaar begin die UCT in gegee het vir die terroriste se eise om Rhodes se standbeeld te verwyder. Toe kom die terroriste agter dat in die land kan hulle breek soos hulle wil want hulle word beskerm deur die ANC Mafia

Koos ·

Maak net seker die swart betoger wat ‘n wit meisie met ‘n vuis geslaan het word ook vervolg. Indien nie, is Jansen skuldig aan erge rassisme.

Carien ·

Kan nie glo dat my alma mater so belaglik geraak het nie! Ek kry eintlik skaam om dit te se! Dink Jonathan Jansen regtig ons kan nie sy politieke onderrok wat n kilometer uithang raaksien nie? Wat n belaglike klug!!

Maria van Dieweeck ·

Die Jansen mannetjie en daai Wim de Villiers (wat klein persgeverfde wit meisietjies boelie) klinK soos vinkel en koljander! Amper asof hul die selfde meester het? Sies julle is harteloos!

wynand ·

Al die Rekore lanwyd is daarop uit om die lewe vir die wit studente baie moeilik te maak.
Hulle moet ‘n verskuilde agenda he.
Kyk maar die Pretoria een- sy praat van skors en dan laat sy die EFF moeilikheid makers terug kom kampus. Kyk maar vir Wim van Stellenbosch wat ‘n wit kind nie help wat summier geskors is omdat haar gesiggie pers geerf is vir ‘n parytjie en wat die Afrikaanse Taal wil laat uitfasseer.
Kyk maar vir Price by Kaapstad Universiteit wat so bly was dat sy kind ook betoog het met Rhodes must fall. Kyk nou vir hierdie pateet van UV wat die wit kinders aankla en die moeilikheidmaker kom skotvry!
Hulle is almal ewe pateties en het ‘n verskuilde agenda en dit is baie sigbaar. Die een by Wits het al lankal boedel oorgegee want hy kan nie die Universiteit bestuur kry nie. Dit geld vir almal van hulle.

Frederik ·

Hierdie is darem nou tipies Jansen . ‘n Agterbakse rassis wat glad nie tuis voel waar te veel wittes is nie. Selfs wit kinders sien hy as ‘n bedreiging.

GatvolGenoeg ·

Ons het geen toekoms meer in die land nie. Los die UV, Tuks en al die ander universiteite wat ons regte nie kan/wil beskerm nie. Los hulle om met die klomp barbare, wat geen kostes bydra, te sukkel. Hulle het die tradisies soos ons dit geken het op die universiteite inelkgeval vernietig. Ons kyk hoe lank bly hulle staande. Iewers sal ons moet begin rebelleer teen die oormag. Dit gaan opoffering kos. Maar dis al uitweg!!!!

Frederik ·

Ek stel voor dat jy aansluit by Afriforum of Solidariteit of albei.

Cobus ·

Buiten al die ander vraagstukke rondom die hele situasie val dit my op dat die brief lui “Jy is skuldig aan…”. Is daar nie eers veronderstel om ‘n verhoor te wees voor uitspraak gelewer word nie?!

Henk Brand ·

Presies! Die verhoor is slegs ‘n formaliteit. Vat sommer ‘n regsgeleerde (ouer) saam vir die eerste verhoor en dit sal net daar stop. Die UV sal natuurlik weer planne maak, maar ten minste sal hulle ware kleure duidelik uitgewys word.

Woedend ·

@Sandra, dit bestaan lankal nie meer nie!!! Ons mag onself mos nie verdedig nie, dis mos teen die wet jong!!

tamboti ·

Die enigste oplossing nou is soos volg: Wanneer daar protes optredes of “vreedsame” optogte gehou word, moet ons mense hulle volg en presies doen wat hulle doen – net 2 keer erger. Gryp die geleentheid aan om ook ons “stemme” te laat hoor en sonder straf voort te “protesteer”.
Maroela Media: moet nou nie weer my sensor nie, ek hits nie geweld aan of diskrimineer nie!!!!

Piet Piper ·

Niemand probeer iets bou deur ‘n mengsel van yster en klei te gebruik, dit werk eenvoudig nooit nie, behalwe as die bouer baie oningelig is, en dink so’n resep gaan werk. Selfs Mnr Malema weet dit, want hy onlangs gese dat “wit “is die vyand……………..toe dink ek ja, dit maak mos nie sin as jy witverf by teer gooi nie, jy mors net die witverf !Lol.

Ekwilibrium ·

Kook my bloed nou… Ons kán saamwerk, maar ‘n beduidende persentasie van ‘n sekere demografie weier, en sal weier tot in lengte van dae want hulle kom altyd weg met uiters afbrekende gedrag. Dis al wat hulle ken; dis al wat hulle wíl ken! Soos my Indiër wederhelf sê: “You Whiteys are becoming waayyy too passive. It’s time you stand up and fight more often!” Ware woorde. Ek sou ook fisies geveg het as ek daar was. Hoop hulle regshulp slaan die UV vir ‘n ses!

Sharon Nortje ·

Ek gaan eerder nie my gedagtes hier neerplaas nie, ek mag dalk net ‘n paar jaar agter tralies wees. Een ding wat ek wil weet….wat is die datum wanneer hulle voor die dissiplinêre komitee moet verskyn? Dit word nie genome nie, of lees ek dit net die heeltyd mis? Kom ons vind daai datum uit, reel ‘n paar busse vol van ons WITMENSE en daag dan daai dag daar op? TYD DAT ONS OPSTAAN VIR ONSSELF EN OOK VIR ONS KINDERS.

Ekwilibrium ·

Ek stem saam. As ons nie HIER ons ondersteuning gee nie, bewys dit dat ons ‘n tandlose gemeenskap van verloorders is. Ons mag nie toelaat dat hierdie verrotting en verval ons óók tot ‘n val bring nie. Kom ons staan nou saam (al stem ons nie altyd saam nie) en bewys dat ons hul patetiese intimidasie taktieke geensins vrees nie.

Louise ·

Wat my KWATER as n mens maak, MAROELA kan nie vinnag genoeg n artikel plaas wanneer WIT mense kamstig sonder ENIGE rede wat sin maak die berig te plaas nie.
Kyk soos daai twee WIT student wat se gesigte KAMSTIG swart geverf was, daai arme mensies se selfbeeld is so GESKEND deur al die berigte en verhoor en geskors en en en en.
Maar die dag toe hulle onskuldig bevind was, was daar skaars n behoorlike berig daaroor, NIEMAND wat hulle onverskoning vra nie. NIKS NIE.
As daai my kinders was het ek n siviele en naamskending saak OOPGEMAAK en hulle geroer vir al die geld wat ek kan, JIS sulke goed krap my sommer heeltemal OM.
EK AS WITTTTTTT mens sal BY MY VOLK STAAN, SO STUUR JOU FLIPPEN BRIEFIE.

Connie ·

Dis belaglik. As die betogers in die eerste plek nie daar aangekom het nie, was daar niks. Die betogers het alles begin. Wat het sport met hulle griewe te doen? Nee wat as ek in Bloem was het ek gesorg vir ‘n betoging.

Thys ·

Ja, en so kry die ou volkie maar weer pak slae omdat hy ragabuch aanbid, maar hoor is min. As ons as volk nie van die wêreld loskom nie gaan daar min van ons oorbly.

Kovsie Alumni ·

Na al die onregverdige behandeling gaan ek my debiet order vir Kovsie Alumni stop. Ek stel voor elke oud alumni wat Vrystaat Universiteit nog ondersteun stop hul bydraes en donasies. So kan dit nie voortgaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.