Shivambu vra om verskoning ná onderonsie met joernalis

Floyd Shivambu (Foto: Siphelele Dludla/ANA)

Floyd Shivambu, adjunkleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het om verskoning gevra vir ʼn “onderonsie” met ʼn joernalis op die parlement se perseel.

Volgens die Parlementêre Persgalery-vereniging het Shivambu Netwerk24 se verslaggewer, Adrian de Kock, aangerand toe hy ʼn vraag aan hom wou stel en foto’s wou neem.

Die organisasie sê hy is geskok oor die voorval en De Kock het alle reg om strafregtelike klagtes teen Shivambu aanhangig te maak.

Maroela Media het vroeër berig de Kock het saam met ander joernaliste buite die parlement gewag op nuus oor die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille. De Kock het aan Netwerk24 gesê Shivambu en nog ander mans het daar aangekom en gevra vir watter saak hulle daar is. Volgens hom het Shivambu en die ander mans skielik geëis dat hy die foto wat hy van hulle geneem het, moet verwyder. Hulle het sy toerusting probeer gryp en hom rondgepluk. Ander joernaliste het die onderonsie afgeneem.

Shivambu het gesê De Kock het foto’s van hom geneem en daarop aangedring om met hom te praat terwyl hy dokumente ontvang het wat met ʼn vergadering van die parlementêre staande komitee oor finansies verband hou. Hy het nie besef hy is ʼn verslaggewer nie, het Shivambu verduidelik.

“Ek was haastig om by die komiteevergadering uit te kom, en ek aanvaar dat my ongeduld met die man onvanpas was,” het Shivambu bygevoeg. “Daar was ʼn onderonsie; dit was glad nie ʼn aanval op die joernalis of mediavryheid nie. Ek is jammer oor die voorval en glo dit moes anders hanteer geword het. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid en vra om verskoning dat ek in ʼn onderonsie betrokke geraak het met ʼn persoon wat ek later uitgevind het is ʼn joernalis. Ek sal skriftelik ʼn amptelike verskoning aanstuur, want ek glo dit moes nie gebeur het nie.”

Shivambu het egter bygevoeg dat hy nie onderhoude oor die kwessie sal toestaan nie, want hy glo daar is belangriker dinge om te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ontevrede leser ·

aa, eish, sorry, nou word alles onder die mat ingevee, SORRY, maak mos alles reg

Joshua ·

Nee wat, Shivambu, dis hoogtyd dat jul EFF see rassisme en haat in die howe aan die wereld uitgewys word.

Frans ·

Wat gaan nou gebeur? Ag ons los dit. Hy let mos om verskoning gevra!! Was die bordjies verhang, was daar nou staking en brande gewees.

Gestremde ·

Gaan staan in die hof en verduidelik jou storie daar Shivambo en ek beveel aan direkte gevangenisstraf want jy toon geen opregte berou nie en maak jouself saam met die EFF herhaaldelik skuldig aan die rassistiese gedrag. Mense wat berou het toon nie dieselfde gedrag oor en oor nie.

Gerrit ·

Verskoning is n goeie begin maar die wet moet sy gang gaan die fotograaf is aangerand en dit is n kriminele oortreding en die bewyse is op kamera so hy is skuldig en moet die gevolge dra.

Jammer? ·

Jammer . . .? Regtig . . .? Rêrig . . .? Njannies . . .?

andre ·

Verskoning se g….t…waars die sogenaamde mense regte kommisie klug…die doodskus ouens kan ook mos jammer se….tyd vir praat verby…

MANIE ·

Die eff loop oor van rassisme. Hy behoort gearesteer te word vir poging tot moord

Reguit ·

Die untouchables. Hulle steur hulle eenvoudig aan geen wet nie. Hulle oortredings word gerieflik en willekeurig onder die mat ingevee. Laat ‘n witte nou net probeer om een van hulle aan die kraag te gryp, dan sien ons vinnig die groot “rassisme” opskrifte in die wêreldwye Media, terwyl daardie witte vir weke in die tronk sal sit met aanranding en ‘poging tot moord’ klagtes teen hom. Daarom emigreer mense.

Mb ·

EFF fascisme op sy beste. Kom ons kyk hoe werk die anc regering se dubbele standaarde

MT ·

Nou het hy verskoning gevra…….was dit omdat hy regtig jammer was of was dit net ‘n skerm. Omdat hy verskoning gaan als net daar gelaat word? Ek weet mens vergeld nie kwaad met kwaad nie maar daar word van ons mense voorbeelde gemaak en word hewige boetes opgelê. Miskien moet daar van hom ook ‘n voorbeeld gemaak word. Die EFF maak hulself skuldig aan haatspraak, rasistiese opmerkings ens. en kom skotvry daarvan af. Maak van hom ook ‘n voorbeeld.

Jurie Vermeulen ·

Is daar enigsins n verskil tussen n gewone wit landsburgeren n wit joernalis. Dit is maar net weereens n bewys hy het geen respek of verdraagsaamheid vir enige wit mens nie en dat hy en sy party rassisties is. Hy moet tot orde geroep word in n hof.

Kobus ·

Moet dit nie los nie.hy bedoel dit nie.hy moet dit se net om almal stil te maak.roer hom.kom ons kyk wat gebeur met hom

Alwyn ·

Jammer is nie genoeg nie. Duidelik glo die man hy is bo die wet verhewe. Hy moet vervolg word (maak tog net seker hy daag op vir sy verhoor).

Thea ·

Dit was nie n onderonsie met n joernalis nie……..DIS AANRANDING en INTEMEDASIE!
Sou hy steeds jammer gese het as dit nie n journalis was nie…???
Kla hom aan!!!

Johan Green ·

Sy optrede weerspieel sy karakter. Hy het nie geweet dit is ‘n verslaggewer nie? Dit is polony. Op die nuus gistermiddag laat word daar gese: “He must have had a bad day in office? We must understand politicians are working under pressure ” Sy optrede was aanranding, punt.
Hy is ‘n ‘honourable member” in die parlement. Die woord beteken: dit is eerwaardig , agbaar, opreg, onderskeiding, ‘n gasheer, hoogagting, respekteer, en vele meer. Die Bybel leer ons om onberispelik te wees…..

Reti ·

Jammer is NIE genoeg nie. Wat maak dit saak of dit joernalis of gewone lid van publiek is. Tyd dat EFF se einde aanbreek. Verneem dis OOK EFF wat ook (al weer) vinger in paai het by VUT. Vermors mense se tyd en geld.

HPV ·

Hierdie soort van gedwonge verskonings is om die minste te sê, om van siek te word. Ontsellende dubbel standaarde. Was dit wit op swart was die witman summier in hegtenis geneem, moes hy maande lank spook om op borgtog vrygelaat te word, die res is geskiedenis want dit gebeur letterlik weekliks.

Jannie ·

As die anders om was,was daai joernalis lankal toe gesluit en aangekla vir n rassistiese aanval……tit for tat….kla hom aan en daag hom in die hof……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.