Shoprite reeds 89 winkels heropen ná onluste

Shoprite (Foto: Verskaf)

Shoprite het in die afgelope drie weke altesaam 89 van sy winkels heropen. Dié winkelgroep werk dag en nag om bedrywighede wat deur die sogenaamde Zuma-onluste onderbreek is, te hervat.

Volgens die winkelgroep werk werknemers onverpoosd om die winkels wat tydens die onluste deur plunderaars beskadig is vinnig weer op te bou om sodoende die winkels weer te heropen.

“Die pogings en vasberadenheid van die winkelgroep om die skade wat weens die plundering aangerig is, op te ruim en om bedrywighede na die onrus te hervat, was buitengewoon. Verliesvoorkoming, voorsieningsketting, vlootbestuur en spanne in die winkel het onmiddellik opgetree om so spoedig as moontlik hul winkeldeure weer te heropen. Die ondersteuning van klante en hul aanbiedinge om te help met opruimingswerk was oorweldigend,” sê Shoprite in ʼn verklaring.

“Al hierdie pogings om ons besigheid te heropen en te herbou en ons gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng te dien, weerspieël die sterkte en veerkragtigheid van ons spanne en ons bedrywighede. Ons kon tot aksie oorgaan en ons bedrywighede vinnig hervat met so min as moontlik ontwrigting en sodoende werksekerheid vir duisende werknemers verseker.”

Die groep het ook met innoverende idees vorendag gekom om steeds noodsaaklike goedere aan klante te kan verskaf. Hy het sy Usave eKasi-vragmotors (mobiele winkels) na die betrokke gemeenskappe gestuur om voedselsekerheid te verseker, en het duisende kospakkies verpak en versprei onder mense in nood in die gemeenskappe wat geraak is.

Die winkelgroep het ook R1 miljoen geskenk aan sy Act for Change-fonds om gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng, wat deur die onluste geraak is, te help.

Maroela Media het vroeër berig klante kan by betaalpunte by Shoprite-, Checkers- en Usave-winkels landwyd geld in hierdie fonds inbetaal. Enigiemand kan ook ’n virtuele koopbewys aan familie of vriende in nood stuur. Hierdie koopbewyse word binne ʼn uur na bestelling per SMS na die ontvanger se selfoon gestuur. Sodra die bewys ontvang is, kan dit vir kruideniersware by Shoprite-, Checkers- en Usave-winkels landwyd gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hardekwas ·

As ek in beheer van Shoprite was sou ek nooit weer n winkel herbou het wat afgebrand was nie.

Francois Le Cochon ·

Hardekwas, en as jy Shoprite aandele gehad het soos baie mense as deel van hul beleggings portefeulje?

Hardekwas ·

Weet jy hoeveel van jou pensioen is vernietig, en hoeveel meer word vernietig deur die heropbou van gestroopte/gebrande winkels? Dit is sinneloos.

Harley Davidson ·

Dit wys net vir my die winste wat shoprite maak op kos en dat hulle finansies sterk en gesond is om so ‘n dom of gulsige besluit te oorweeg,hoekom nie van daardie miljoene terug gee vir kliënte in die vorm van basiese kos nie.

Francois Le Cochon ·

Jasper, koop Shoprite aandele, en praat dan weer. Shoprite se wins is slegs sowat 2 tot 3 sent uit elke rand. As jy Shoprite aandele gekoop het tydens die plunderings, het jy nou al wins gemaak.

Strandloper ·

Wys jou net n winkelgroep is beter georganiseerd as die hele anc! Goed gedoen shoprite!

Louisepretorius ·

dit is wonderlik die die gees van bereidwilligheid onder die mense van die land.GOD BLESS AFRICA

Jr ·

Ongelukkig net sekere mense. Haal jou roos gekleurede brille af

Yvonne ·

Die tipe mense wat verantwoordelik is staan seker 1ste in die ry vir n kospakkie…..en staan sommer reg indien daar weer so n geleentheid kom om te plunder en te verbrand…..ek is waarlik al sinies oor die land en sy mense

Malan ·

Hoekom gebruik Shoprite nie die Afrikaanse (en Engelse) gedeelte van die volkslied in hulle advertensie nie? Wat my betref maak dit al die goeie werk ongedaan en ek sal hulle nie verder ondersteun nie.

LeonS ·

Dankie Malan, dit vir my gegaan of hul geprys word, besigheid hul lof toegeswaai !

Andries ·

Gebruik eerder die geld om voldoende beskerming aan te bring, dan sal die onnodige verkwisting nie nodig wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.