Shoprite-stakers glo kontrakwerkers

shoprite

Argieffoto

Die winkelgroep Shoprite het Woensdag gesê stakende National Transport Movement (NTM)-werkers is nie werknemers van die maatskappy nie, maar deel van ʼn diensverskaffer wat op kontrakbasis werk.

NTM het Dinsdag in ʼn kennisgewing gesê Shoprite, Checkers, U-Save en Hungry Lion-winkels sou alles gesluit word as gevolg van ʼn loondispuut.

“Hierdie werknemers is nie deel van die Shoprite Groep nie. Hulle is werknemers van ʼn diensverskaffer wat ʼn kontrak met die groep het om spesifieke dienste te lewer,” het Shoprite gesê.

Die vakbond voer aan Shoprite, sy filiale en arbeidsmakelaars betaal sommige werknemers R400 per week en dat die werkers dié bedrag as “armoede-lone” verwerp.

“Die groep bevestig dat hy ʼn afskrif van die kennisgewing deur die vakbond ontvang het en dat werknemers van die diensverskaffer sedert Mei 2018 by die groep se Centurion-verspreidingsentrum staak,” het Shoprite Holdings gesê. “Ons winkels het vanoggend hul deure oopgemaak vir normale bedrywighede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Snowball ·

Ja, is jy nie effe misplaas/oningelig/dof as jy nie weet by wie jy chaos moet veroorsaak om jou buitensporige eise af te dwing nie?

Callie ·

Hierdie gaan net weer oor anargie. Sien dit net raak mense. Erens gaan die weermag ingryp en dan gaan almal verbaas wonder oor wat nou

Cyril Blackburn ·

Dagsê Dina
O, gits! Ons vra om verskoning vir die tikfout wat oorgesien is! Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

GM ·

Dis snaaks hoe almal altyd werk soek, en bereid is om vir watookal te werk, en dan kom die unies…

Jannie ·

mens kan net lag…..hierdie unies weet regtig nie wat hulle wil he nie,verteenwoordig mense en weet nie eers vir wie daai mense werk nie…lol…klomp clowns…..nou moet iemand anders weer die skuldige wees en het niks met hulle te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.