Clarence Debeila, woordvoerder van die veldtog, het gesê hulle eis ʼn einde aan die gebruik van arbeidsmakelaars, die onmiddellike beëindiging van kontrakteurs en diensverskaffers se kontrakte en die aanstelling van alle kontrakwerkers deur Shoprite op ʼn permanente en voltydse grondslag.
Debeila het die betogende werkers se memorandum van eise en griewe by Shoprite se verspreidingsentrum in Centurion voorgelees. Die betogers het die maatskappy tot 24 Maart gegee om op die memorandum te reageer.
“Ons hoop en glo dat ons ʼn vriendskaplike oplossing vir die kwessies kan vind, maar indien dit nie moontlik is nie, is ons vasbeslote om aan te hou betoog vir permanente en voltydse werk met ʼn leefbare loon,” het Debeila gesê.
Volgens Debeila is Shoprite-werkers al lankal met die maatskappy in ʼn stryd gewikkel oor die gebruik van arbeidsmakelaars.
“Shoprite was net sy hande van dieselfde werkers wat hul reuse winste inbring; 90% van die personeel by hierdie verspreidingsentrum werk vir arbeidsmakelaars,” het hy gesê. “Die arbeidsmakelaars betaal armlastige lone – die hoogste uurlikse loon is R23 per uur! Sommige skoonmakers verdien so min as R13 per uur.”
Hy het gesê die betogende werkers is almal kernpersoneel by die verspreidingsentrum, wat voorraadpersoneel insluit. “Hierdie is die werkers wat alle Shoprite-voorraad hanteer wat op vragmotors gelaai en by die winkels afgelewer moet word.”
Shoprite was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
Ek hoop die huisbediendes staak ook en eis dieselfde
Jy is reg die madam kan self haar huis skoonmaak as sy nie wil betaal nie.
Ons gewone mense kom sonder bediendes oor die weg want ons kan glad nie een bekostig nie en werk ook heeldag terwyl van die ryk vrouens twee bediendes het een om na die baba te kyk en een vir huis skoonmaak sodat sy genoeg tyd kan het om klere te kan kan koop.
En party groot besighede misbruik hulle werekers en kan meer betaal maar is gierig.
Die werkers moet besef dat dit deur werkers se eie toedoen is dat maatskappye hulle nie meer permanent wil aanstel nie – sodra een van hulle nies, staak hulle!!
Ek dink ek moet ook staak soek ook salaris van R10 000.
Kan ek asb ook ‘n shoprite werker word @ daardie salaris. Ek is ongelukkig die ver….de kleur en die ver…..de ouderdom, 66 jaar
Ai tog ABBA Vader, sal U asseblief baie spoedig U Volk kom verlos!!!!
Mooi man, julle wou mos net 100% swart aanstel. Kry vir julle..
Ek het ook in ‘n super mark gewerk so 5 jaar terug. Ek het so R6 per uur gekry, maar ek het meer tips gekry as wat ek gebetaal was net omdat ek moeite gedoen het om mense se dag beter te maak. Ek wens ek kon R 10 000 gekry het net deur om iemand se inkopies in ‘n sakkie te pak, goed op rakke te pak en om till te slaan. Dis nie harde werk nie. Net lang ure.
Al wat hierdie gaan veroorsaak is meer werkloosheid omdat mense nie meer arbeit kan bekostig nie.
So 3 jaar het ek as ‘n rekenaar tegnikus maar net R 3 500 gekry. Ek het qualifikasies gehad, so ek moes ook dan daai R 10 000 gekry het toe al.
Shop rite moet nie toegee aan hierdie belaglike eise daar is duisende werklose mense wat ‘n inkomste benodig
Dank hulle af en stel mense aan wat bereid is om die job te doen, daar is baie mense wat smag om werk te kry en nie te demand nie