Shoshaloza Meyl ontspoor op pad na Durban

’n Shosholoza Meyl-trein. (Foto: Facebook)

Vyf passasiers en drie personeellede is beseer toe ’n Shosholoza Meyl-trein Vrydagaand met 410 passasiers op die trein tussen Rooikop en Mapleton in Gauteng ontspoor het.

Dié trein was op pad van Johannesburg na Durban toe dit omstreeks 21:40 by ’n vlakoorgang presies 547 km van sy bestemming ontspoor het.

Daisy Daniel, woordvoerder van Prasa, het in ’n verklaring gesê drie passasierswaens en twee eetwaens is in die voorval geraak.

Luidens die verklaring is mediese dienste asook beraders na die toneel ontbied om beseerdes te behandel terwyl die meeste passasiers veilig in die trein vertoef het.

Busse van Pietermaritzburg sou vanoggend omstreeks 08:00 passasiers na hul onderskeie bestemmings vervoer, het Daniel gesê.

“Shosholoza Meyl ondersoek die oorsaak van die ontsporing en vra sy passasiers om verskoning vir die onvoorsiene ongerief,” lui die verklaring.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

RN ·

Wonder of die oorsaak ooit bekend gemaak sal word. Ek kan net raai hoekom dit ontspoor het…..

sweis ·

Ek kan nie onthou dat die trans karoo ooit ontspoor het of in n ongeluk betrokke was nie,laat n slim mens dink.

Jacques Niemand ·

Ja, dit het. Ek dink dit was naby Hutchinson stasie in die karoo! Baie groot Transkaroo ongeluk.

Convictor ·

En nie te lank terug by Modderrivier, en was ‘n blanke drywer

ZAR ·

Kan iemand my reg help, is hierdie een van die nuwe treine wat te groot aangekoop is?

Johanna Botha ·

Gebeur al meet dat treine lewens gevaarlik raak …jy kry my nie in n trein in SA nie !

Sue ·

Jaaaaare terug die trots van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens gewees ???? Die treinritte was die begin van heerlike vakansies. Vandag een van die gemors instansies van die nuwe Suid-Afrika ????

Askies my... ·

Eish…… en dan praat Ramaposa van “bullet trains” koop……. hulle kan nie eens die gewone treine op die spore hou nie…..

Adri ·

En daar waai my droom om eendag weer ‘n treinrit te onderneem by die venster uit. Niks, net mooi niks werk meer nie.

Arno Scheepers ·

Adri in SA droom net cyril nog, soos hy homself is sy drome nagmerries.

Arno Scheepers ·

Adri in SA is dit net cyril wat nog droom. Soos hy homself is, raak sy drome almal nagmerries…..ten koste van die land

skurweberg ·

Ek het ook gesoek na die paragraaf wat se of dit een van die nuwe’s is, wat ten duurste aangekoop is en te smal was vir SA se treinnetwerk.??

Convictor ·

Die lokomotiewe was nie te smal nie, die dak hoogte was te hoog

Fanie ·

Ek het al 3 keer met die SM vanaf Johannesburg gery. Cradock, Matjiesfontein en Bellville toe. Al 3 kere was baie lekker. Sal dit weer en weer doen. Een ou ongelukkie gaan my nie afsit nie.

aj ·

Ai … ALLES is ‘n gemors!

Lankal ‘n ‘JUNK’ STAAT ongeag wat Moody’s sê!

So gehoop die nuwe SA gaan ANDERS wees as die res van donker Afrika!

San ·

Wou nog altyd ń treinrit neem na Kaapstad . Dit klink so lekker, maar nadese betwyfel ek dit. Weereens word daar nie instandhouding gedoen nie.

Johan ·

Seker weer onteiening sonder vergoeding van infrastruktuur….

marco polo ·

Ek het die afgelope week in ‘n trein na Shanghai gereis wat teen 309km/h gery het. Ek dink nie ek sal dit wil doen in een wat deur ons geliefde Prasa personeel bestuur word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.