Shosholoza Meyl-bedrywighede opgeskort, vakbond ‘stomgeslaan’

Een persoon is dood en nog vier mense beseer toe die treine gebots het. Al Shosholoza Meyl se bedrywighede is daarna opgeskort. (Foto: RSR)

Die vervoervakbond Untu sê hy is stomgeslaan deur die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) se besluit om alle bedrywighede van die Shosholoza Meyl-treine op te skort.

Die reguleerder het dié ingrypende stap gedoen nadat ʼn Shosholoza Meyl-passasierstrein van Prasa verlede week met ʼn stilstaande goederetrein van Transnet gebots het. Een passasier is dood en nog vier mense is in die ongeluk by die Horizon-treinstasie in Roodepoort beseer.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het die besluit as “irrasioneel” bestempel en sê dit kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat die voorval internasionale aandag getrek het omdat toeriste onder die passasiers was.

Harris sê die RSR se voorlopige ondersoek dui daarop dat die Maraisburg- sentrale verkeersbeheer al twee treine met die hand gemagtig het om op die spoor te gebruik.

“Die RSR het ook bevestig dat nie een van die twee magtigings deur ʼn afdelingsbestuurder goedgekeur is nie, omdat niemand aan diens was om dit te doen nie. Dit is ʼn oortreding van ʼn hooggeregshofbevel wat op 12 Oktober 2018 teen Prasa uitgereik is,” het Harris gesê.

Ingevolge dié hofbevel moet ʼn afdelingsbestuurder teenwoordig wees om toesig te hou wanneer daar met die hand magtiging gegee word.

“In ses ander voorvalle wat die RSR in sy korrespondensie aan Prasa genoem het, het Metrorail presies dieselfde ding gedoen en die hofbevel verontagsaam. Pleks daarvan om Prasa se bedryfsveiligheidspermit terug te trek, het die RSR dit aan die einde van Januarie vir nog drie maande verleng. Dit terwyl hy weet die hofbevel word nie nagekom nie,” het Harris gesê.

Hy sê die reguleerder het ook nog nie die hooggereghof genader om te vra dat ʼn minagtingsbevel teen Prasa uitgereik word nie.

“Die enigste rede hiervoor kan net wees dat die RSR te ruggraatloos is en die minister van vervoer, Fikile Mbalula, nie gaan toelaat dat stedelike spoorvoervoer in Suid-Afrika opgeskort word nie, selfs al dobbel hulle met mense se lewens.”

Untu het ʼn beroep op Mbalula gedoen om die RSR se raad te ontbind. Die raad se termyn het in Oktober verlede jaar al verstryk, maar word in dié stadium op ʼn maandelikse basis verleng.

Harris sê die minister moet ʼn onafhanklike raad sonder politieke inmenging aanstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

007 ·

Dit is omdat die treindrywers van vandag net 6 maande se opleiding kry, In die ou SA moes hulle 5 jaar se opleiding kry voor hy eers alleen mag gery het. Gaan maar so aan alles wat die Nuwe SA aan raak.

Nie Verbaas ·

En watter persentasie word as slaag gesien vir n persoon wat mense se lewens in hulle hande dra?

Amatambo ·

Wit Willem, maar jy moet tog seker daarvan bewus weeas dat die “minderheidsgroep wat hierdie land totdie kragbron van Afrika deur die eeue heen ontwikkel het, nie die helfte so “SLIM/INTELLIGENT” is soos die huidige bestel nie??? Ag – verskoon maar my sarkasme – soosdie spreekwoord in Engels lui: “Sarcasm is the lowest form of wit…”

Nie Verbaas ·

Die afdelings bestuurder was nie aan diens nie? Die sirkus word net al hoe meer snaaks.

Gawie ·

Nou verstaan ek nie – die fout met die vorige ongeluk was treinverkeerbeheer se kant, maar die passasiersdiens word opgeskort. Wat dan nou van die goederetrein wat in dieselfde ongeluk betrokke was – hoekom word goederedienste dan nie ook opgeskort nie?
Iewers is iets nie pluis nie.

Lolla ·

Maar jy hoor nie dat die mense aandiens wat die menslikefoute begaan het geskors is nie, maar daaroor droom ons seker maar net. Wonderwerke gaan nie hier gebeur nie. Eish sorry i did not konw.

Sobymykoolkop ·

Stomgeslaan sê Steve Harris? Nes die sapd, monitor seker, untu is meer as bewus onder watter omstandighede transnet se oprasionele personeel moet werk, untu lankal nie meer die vakbond wat hulle was nie. Jammer dat hulle nie die ware oorsake aanspreek nie.

Hein ·

Die bewoording is verkeerd t.o.v afdelingsbestuurder. In die Engelse weergawe word gemeld van “section manager” wat dan moet wees trajekbestuurder. Om die hele passasiersdiens op te skort vir die fout is sbsoluut kortsigtig. As die insident ‘n Metrotrein was en die Metrodiens word opgeskort sal daar chaos wens en die ekonomie rrnstig benadeel word.

Amatambo ·

Maak GEEN fout nie – sedert hierdie “nuwe bedeling” aan bewind gekom het, het spoorwegongelukke drasties toegeneem – ek het fotos van “geelslange” (soos sommige van ons trein aanhangers na die Metros verwys) wat agv nalatigheid – veral verontagsaming van rooi ligte – inmekaar vasgeloop het… wens ek kon hulle hier pos – julle sal stomgeslaan wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.