Shrien Dewani se moordverhoor begin dan

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die Britse sakeman Shrien Dewani wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Anni, tydens hul wittebrood laat vermoor het, se verhoor begin Maandag.

Dewani sal voor adjunk-regterpresident Jeanette Traverso in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Anni (28) is op 13 November 2010 gedurende haar wittebrood tydens ‘n vermeende kaping in Gugulethu doodgeskiet. Haar liggaam is die volgende dag opgespoor. Shrien is in April van Engeland aan Suid-Afrika uitgelewer.

Hy word aangekla van sameswering tot ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg.

Xolile Mngeni, Zola Tongo en Mziwamadoda Qwabe is in 2012 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir Anni se moord. Mngeni is ook 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede, en is tot ʼn verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse word gelyktydig uitgedien.

Kliek hier om vorige berigte oor dié saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.