Dewani sal voor adjunk-regterpresident Jeanette Traverso in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Anni (28) is op 13 November 2010 gedurende haar wittebrood tydens ‘n vermeende kaping in Gugulethu doodgeskiet. Haar liggaam is die volgende dag opgespoor. Shrien is in April van Engeland aan Suid-Afrika uitgelewer.
Hy word aangekla van sameswering tot ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg.
Xolile Mngeni, Zola Tongo en Mziwamadoda Qwabe is in 2012 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir Anni se moord. Mngeni is ook 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede, en is tot ʼn verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse word gelyktydig uitgedien.