‘Shutdown’-betogings brei uit na Ennerdale

Inwoners van Westbury buite die Sophiatown-polisiestasie vroeër vandeesweek (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die polisie het Vrydag gesê die situasie is oorwegend kalm in bruin informele nedersettings waar betogings teen “marginalisering en verwaarlosing” plaasvind.

“Die situasie is rustig by Ennerdale (Gauteng). Geen geweld is in hierdie stadium aangemeld nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê. Volgens hom is daar ook geen skade aan eiendom aangemeld nie. Polisiebeamptes is na die betrokke gebiede ontplooi waar inwoners paaie versper en buitebande aan die brand gesteek het.

Die betogings in Ennerdale, Eldorado Park, Lenasia en ander “bruin plakkerskampe” het een dag begin ná betogings in Westbury bedaar het. Inwoners van Westbury is al ʼn paar dae lank in botsings met die polisie gewikkel teen skietery en ander misdade wat op dwelmhandelaars in die gebied geblameer word. Hulle het ook beamptes van Sophiatown-polisiestasie daarvan beskuldig dat hulle kop in een mus is met misdadigers in Westbury.

Die groep is deel van ʼn beplande “shutdown” in dele van Gauteng. Inwoners van die betrokke gebiede kla oor dwelmgebruik, vuurwapenmisdaad en versuim van die polisie om op te tree teen die probleme, wat met werkloosheid onder die jeug verbind word.

ʼn Total Shutdown-betoging het in September in werkersklasbuurte van Kaapstad begin. Organiseerders voer aan daar was nie veel verandering sedert apartheid tot ʼn val gekom het nie en misdaad en geweld teister gemeenskappe. “As die Wes-Kaapse #TotalShutdown neem ons kennis dat gemeenskappe in verskeie provinsies bymekaarkom en soortgelyke aksies in hul omgewing beplan. Ons salueer julle hiervoor,” het een van die organiseerders, Henriette Abrahams, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Snowball ·

Almal ly onder hierdie meerderheidsregering wat ‘n oorlog voer teen alle minderheidsgeoepe in SA. Poste word net vir swartes reserveer. Korrupsie in die Polisie laat gemeenskappe weerloos en blootgestel aan kriminele en dwelmhandelaars. Minderheidsgroepe is in ‘n wurggreep van ‘n regering wat alles vir hulle (swart) mense doen en vir die res voel hulle ‘n veer. Betoog, protesteer, skop ‘n bohaai op, dat die wêreld bewus kan wees van die swak lewensgehalte van mense in SA, danksy hierdie rassistiese ANC.

John ·

Spaar ons uit… eerlikwaar die logika om soveel amok te maak en skade aan te rig as die mense waaroor jy kla om aandag op ‘hulle’ te vestig? Nou moet ander die kastaiings uit die vuur kom krap. Moet ons almal nie maar hand in eie boesem steek en ons eie huise in orde kry nie; ons kinders opvoed nie; ma’s hul kinders uit die strate hou, veral kleuters en jong kinders; leerders in die skool hou; drank en doofmiddels uit die huis hou; en die mans hul werk ten alle koste behou ipv rondhang op verkeerde plekke. Dan moet die polisie optree en dan moet hulle nie optree nie… Regtig waar. Alle rasse en kulture het deesdae ‘n opdraende stryd en niemand is beter of slegter as ‘n ander nie en niemand kan ‘n ander se verantwoordelikheid dra nie. Ons moet elkeen ons eie lewens doen en daai wysvingertjie 180° swaai…

Casper Labuschagne ·

“Marginalisering en verwaarlosing” is eenvoudig die regering se strategie om van minderhede ontslae te raak. Minderhede sal moet opstaan en hul eie heil uitwerk en uiteindelik grotendeels van die sentrale regering afstig. Sonder afstigting is die alternatief die volkome integrasie by die meerderheid se kultuur en taal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.