Siam Lee-verdwyning: Die polisie soek dié man

Die identikit wat die polisie uitgereik het (Foto: Verskaf)

Die polisie in KwaZulu-Natal het Woensdagaand ʼn identikit uitgereik van ʼn man wat glo verbind word met die verdwyning van Siam Lee, die 20-jarige vrou van Durban-Noord wat ses dae gelede in verdagte omstandighede vermis geraak het.

Daar was teen Woensdagmiddag steeds geen teken van dié jong vrou nie. Die nooddiensnetwerk Mobi-Claw 911, wat toegewyd aan die soektog deelneem en Siam se naasbestaandes bystaan, het Woensdag gesê nóg ʼn dag lange ondersoek waarby die polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en Marshall Security betrokke was, is agter die rug – maar sonder enige sukses.

Siam is Donderdag omstreeks 15:00 die laaste keer gesien toe sy haar werkplek in Margaret Maytom-laan in Durban-Noord verlaat het. Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal wil dit voorkom of sy deur die bestuurder van ʼn swart Mercedes Vito met ʼn Gauteng-nommerplaat ontvoer is.

Die polisie het Woensdagaand in ʼn verklaring gesê die man wat in die identikit geïdentifiseer is, kan waarskynlik help met inligting oor Siam se verdwyning en waar sy haarself bevind.

Die Durban-Noord-polisie ondersoek ʼn saak van ʼn vermiste persoon. Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat weet waar Siam haar dalk bevind, om ao. Pillay by 073 789 9047 of 031 560 8004, of Stop Misdaad by 0860 010 111 te skakel. Of kontak Mike Myers van Mobi-Claw by 082 929 8726 of Paul Stone by 082 931 0272.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Francois ·

ai…,Vader pas die mens op asb en dat sy veilig gevind word….

Estelle ·

Ek bid saam met Francois en Siam se mense vir haar veiligheid. Mag sy tog gou en ongedeerd gevind word

Gesiggie ·

Ons Bid vir haar veiligheid… ons Hoop en Glo als sal ok wees, mag die man wat inligting kan verskaf vining opgespoor word, my hart bloei vir Siam Lee se Ma, sy gaan deur Hel, dit is haar enigste kind… Vader asb bring haar terug sonder enige skade, By God is niks ontmoontlik… ons bly vertrou en wag vir goeie nuus….

Riette ·

Yskoud word ek toe ek die pic van die man sien!!
Dwelms, mensehandel??
Sterkte aan die familie en almal betrokke, mag sy gou en veilig gevind word.

Marius ·

Mensehandel is n werklike gevaar regoor die wereld, maar veral in 3de wereld lande, mense verdwyn vinniger, minder polisie, mense vertrou nie die polisie nie, en dan nog SA waar as jy n sekere mens is, word jy nie gehelp nie.

Andrea ·

Dit is verskriklik om hierdie nuus te lees. Ek kan net bid vir hierdie pragtige kind en haar gesin. Hoe gaan ons ooit weer ons siek land kan herstel? Mag die Here haar beskerm.

valerie ·

My hart bloei vir haar geliefdes. Die weet-nie-wat-gaan-aan gevoel, ens. Die totale ongeloof, die skok. an net bid vir die familie en vir Siam.

Lucinda ·

Hulle het haar gekry.. Sy is vermoor!!
Nou net op netwerk24 gesien. Hulle het haar gebrande lyk gevind. Dis verskriklik erg!!
Haar arme ma. Dis so verskriklik hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.