Siam Lee: Verdagte ook van verkragting aangekla

Siam Lee. Foto: Via Facebook

Die 29-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die verdwyning van die 20-jarige Siam Lee, word nou ook van verkragting aangekla.

Die man, wie se naam nie meer genoem mag word weens die aanklag van verkragting nie, het Vrydag vlugtig in die Durban-landdroshof verskyn waar die staat ʼn bykomende sewe aanklagte teen hom ingedien het.

Hy staan nou tereg op 16 aanklagte, waaronder ontvoering, roof met verswarende omstandighede, verkragting, die rig van ʼn vuurwapen, crimen injuria, aanranding met die doel om ernstig te beseer, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, dwarsboming van die gereg, intimidasie, moord, bedrog en roekelose en nalatige bestuur. Van die aanklagte hou moontlik verband met ander sake wat teen die man ondersoek word. Dit is nie bekend wie die slagoffer in die verkragting-aanklag is of hoe oud die slagoffer is nie.

Die saak is daarna tot Dinsdag uitgestel vir sy formele borgtogaansoek.

Hy bly in aanhouding by die Durban-Noord-polisiestasie.

Dit was die derde keer dat hy in die hof verskyn het sedert sy inhegtenisneming by sy huis in Hillcrest, Durban, op 17 Januarie.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming op ʼn Mercedes-Benz Vito en ʼn vuurwapen beslag gelê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog is van stapel gestuur ná Lee se raaiselagtige verdwyning. Sy is op 4 Januarie omstreeks 15:00 die laaste keer gesien toe sy haar werkplek in Margaret Maytom-laan in Durban-Noord verlaat het. Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal blyk dit dat sy deur die bestuurder van ʼn swart Mercedes-Benz Vito met ʼn Gauteng-nommerplaat ontvoer is.

Die soektog na Lee het tot ʼn tragiese einde gekom nadat ʼn boer ʼn paar dae later op die erg verbrande liggaam van ʼn vrou in ʼn afgeleë suikerrietplantasie naby New Hanover afgekom en die polisie ontbied het. Dit is later deur Lee se familie as haar liggaam uitgeken.

Lees alle vorige berigte oor Siam Lee op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jaco ·

Siam Lee het in ‘n bordeel gewerk. As mens in sulke scaly plekke werk, moet mens seker verwag ander dinge in jou lewe gaan ook skeefloop…

Jean ·

Sy het seker daar gewerk omdat sy daarvan hou ne Jaco.. Sy het selfs seker daarvan gehou om so wreed vermoor te word ne Jaco! Jy sit seker voor in die kerk sonder sondes in jou glashuis ne Jaco! Jy hou daarvan om ander te oordeel Jaco!

Pastoor ·

Jesus het vir so dame gesê voor n skare. Julle wat sonder sonde is gooi die eerste klip
Toe loop almal. Hoop syt n laaste minuut gehad met Hom

Stefan ·

Jaco, jou clown..Sies man. Judge and though will be judged.

Andrea ·

Ek kan nie glo dat enige vrou ooit kies om n só te leef nie. Dit kies as eerste keuse nie. Dis gewoonlik uit nood en desperaatheid. Omdat daar gewoonlik teen daardie tyd dat jy daaraan moet begin dink, geen of bittermin lewensvatbare ander keuses oor is nie. Niemand verdien om verkrag en vermoor te word nie. Al is jy ook n prostituut.

Veritas ·

Ek dink Jaco probeer meer die gevare van die ‘beroep’ uitlig asom haar te kruisig. Die groot probleem wat ek het, is dat dié man toegelaat is om vryelik rond te beweeg. Met al die klagtes teen hom, moes hy darem seker al uit die samelewing verwyder gewees het.

Lita schrade ·

En almal val vir Jaco aan. Wat van die monster en die daad aanval. Klim van jul hoe perdjies af

jaco ·

Julle sal natuurlik almal ok wees daarmee as julle dogters in sulke plekke werk.

CHRISTA ·

Nou-toe Jaco, lig jouself, maak jouself handig en kry vir hulle almal ORDENTLIKE werk!!! TOE TOE TOE!! Waarvoor wag jy?

LB ·

Jaco jy praat soos ‘n ware man, dankie. Daar is seker baie wat in daardie beroep beland sonder keuse maar baie wil daar wees want hulle maak baie geld en die verdeflike wêreld dink dit is maar reg en die manne kuier daar rond terwyl hul vroue tuis kinders oppas en skoonmaak. Kom by, reg is reg en verkeerd is verkeerd. Mens het altyd ‘n keuse!!

Kobus ·

Ek het al agterkom dis baie keer juis mense wat so selfgeregverdig is wat die kat in die donker knyp!

anton ·

Baie snaaks dat dit meestal vroue is wat vir Jaco hier aanval. Wat hy gese het is niks mee verkeerd nie. Is julle dalk in dieselfde beroep as wat sy was?
Verkeerd bly verkeerd en mense wat die verkeerde wil goed praat, moet maar mooi gaan dink of jy jou kind, vrou, of familie lid sal wil sien in die beroep en dit dan ook verkondig daarby.

Carel ·

Nee Anton. Die punt is nie dat enige iemand die beroep regverdig of “verkondig” nie. Jaco se aanvanklike plasing skep die indruk dat hy sê sy het verdien om verkrag en vermoor te word. Geen regdenkende mens kan so redeneer nie. Ek dink ‘n Christen moet probeer onthou dat naaste liefde belangriker as ENIGE iets anders.

Pop ·

Ek kry skaam om te weet daars mans wat so klippe gooi, terwyl die stomme kind dood is. Jaco jy veral het n lelike streep. Haar stomme mamma. Maak nie saak wat sy gedoen het vir n lewe nie, sy was lief vir haar kind.

PJC ·

Daar is prostitute omdat daar mans is (baie kere getroudes) wat van hulle dienste gebruik maak. Meeste van hierdie ouens het ook baie geld en is sogenaamde vooraanstaande lede van die samelewing, so ek dink nie ons moet net die dames veroordeel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.