Siam se liggaam uitgeken

Siam Lee. Foto: Via Facebook

Die verkoolde liggaam van ʼn vrou wat Saterdag in ʼn afgeleë suikerrietplantasie naby New Hanover gevind is, is dié van die vermiste Siam Lee.

Die nooddiensnetwerk Mobi-Claw, wat toegewyd aan die soektog deelneem en Siam se naasbestaandes bystaan, het gesê die familie het haar liggaam uitgeken en bevestig dat dit wel sy is.

“Dit was ʼn baie komplekse ondersoek wat in soveel rigtings gelei het en ons in ʼn donker onderwêreld ingeneem het,” het Mobi-Claw in ʼn verklaring gesê.

Siam het presies ʼn week gelede in verdagte omstandighede by haar werkplek in Durban-Noord verdwyn.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig ʼn boer het Saterdag op die erg gebrande liggaam van ʼn vrou in ʼn afgeleë suikerrietplantasie naby New Hanover afgekom en die polisie ontbied.

Siam is verlede Donderdag omstreeks 15:00 die laaste keer gesien toe sy haar werkplek in Margaret Maytom-laan in Durban-Noord verlaat het. Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal wil dit voorkom of sy deur die bestuurder van ʼn swart Mercedes Vito met ʼn Gauteng-nommerplaat ontvoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Niklaas ·

Ai. Dis slegte nuus en daar is soveel simpatie vir haar ouers en familie lede. Sy was blykbaar haar ma se enigste kind. So jammer. Hoop die moordenaar word spoedig aangekeer en behoorlik straf toegedien.

Lolla ·

Stem, dis tragies en soos die dood van die trekker drywer wat uit arm gemeenskap kom, wonder ek of die provinsiale regering hierdie arme ma ook gaan bystaan en help met begrafnis onkostes? Ironies dat alles so erg gefokus is op rasse spanning, tog kom dit nie in hierdie geval op nie, maar wel by trekker drywer se geval. Ons harte krummel van hartseer vir jou, die ma van hierdie pragtigge jong meisie wat so wreed vermoor is.

Leser ·

Ag nee…mens het tog bly hoop vir ‘n gelukkige einde. So jammer vir hierdie hartseer nuus. Baie baie sterkte aan hierdie gebroke ma. En ja, mag die skuldiges kry wat hulle toekom – en vining!!

Andrea ·

Ek is so bitter jammer. Sterkte aan die familie en vriende. Wat n siek, siek land.

BOLANDER ·

Hello Andrea. Ek stem saam met jou. Maar verskil wel dat dit nie die land wat siek is nie, maar wel die mense in die land!!!!

Boerseun ·

Met die haatdraende, onbevoegde en bevooroordeelde anti-wit rassiste op die regsbank en in die Konstitusionele Hof, moet jy bid dat die doodstraf nie terugkom nie.

Estelle ·

Ek huil vir hierdie pragtige kind, haar ma en almal naby haar. Ons Grondwet faal haar, Anisha en Joey (Mooinooi) en ons land. Hierdie boosheid moet beveg word met die doodstraf.

PJC ·

As ń pa van twee dogters en ń oupa van ń pragtige kleindogter maak hierdie ń verskriklike woede in my wakker teenoor die boewe wat so iets aan so ń pragtige jong meisie doen.

Fransie ·

Ek het so gehoop sy word veilig gevind. Die tipe dinge gebeur hopeloos te veel deesdae. Eers Mooinooi vroue en nou hierdie pragtige meisie. My hart bloei vir haar moeder en geliefdes.

pieter ·

Ek wens iemand wil n plan maak met die nigeriers wat mensehandel sowel as dwelms so vrylik verspry en uitvoer.

Helen ·

Well die klomp in Rustenburg doen dit nou….almal is moeg vir die gemors!

The Oracle ·

So tragies. My gebede is met haar naasbestaandes. Mag die skuldiges dubbel en dwars kry wat hulle verdien.

Wonder ·

Wat gaan aan in die wereld van ons!? RIV pragkind. Sterkte aan die familie.

Ck ·

Ai, my hart is seer saam met die familie. So gehoop sy word lewend gevind.

Malan ·

Siam was n pragtige jong vrou! Dis verskriklik hartseer dat sy deur n bullebak vermoor is. Mag haar ma en familie en vriende deur mooi herinneringe gedra word. Alle sterkte ons dink aan u. Mag die polisie spoedig die monster vastrek.

Elsie ·

So bitter jammer vir haar ma en familie. Mag die seer en bitter deur God genade vertroos word. Sterkte en ons gebede is met julle

Besemryer ·

Dis verskriklik! My hart huil en my siel kook oor! Ek dink aan haar ma en familie! Só gehoop sy word lewend gevind. Die saak het my geweldig geraak. Sy was ‘n beeldskone pop! Die lewe het ‘n engelkind verloor en haar familie is ‘n liefling kwyt. Rus in vrede pragkind! My hart is stukkend vir haar ma! Hóe haal jy asem, hoe word jy wakker, hoe loop jy sonder dat jou siel struikel as dít jou lieflingkind oorkom?? Die engele het jou naam gesing Siam, rus sag

Tunzia ·

My hart gaan uit vir haar ouers. Om n kind te verloor is di seerste seer wat daar is wat nog te se jou enigste op so n wreede manier. Geen woorde kan hier stroos! Niks kan di leemte van n kind vul. Hierdie is n diep seer wat ni eens tyd kan heel, net God se genade wat mens deur so iets dra terwyl al die waaroms en hoekoms jou hart vernietig! En di dood is so finaal!

Drikus ·

En die booswig(te) gaan onthaal word op gereelde tee en koekies in die tronk, heerlik ontspan op ‘n vervelige rehabiltasieprogram – en lag vir ons wat hartseer is oor die tragiese lot van die onskuldige jong dame. Wat mens meer ontstel, is dat ons samelewing al hierdie mense in die steek laat. Die onskuldiges verdien nie dit wat met hul gebeur het nie. Die skuldiges kry nie wat huĺle verdien nie. Wreed!

l ·

So hartseer! Ek voel skoon siek. Ondenkbaar dat mense so wreed kan wees.
Baie sterkte en simpatie aan haar familie.

Deloris ·

Dis hartverskeurend, ek ontbreek aan woorde. Mag God julle troos en optel en in hierdie verskriklike tyd.

Skerpioen ·

Ek huil net… vir die pragtige dames qat die afgelope ruk vermoor is. My dogtertjie is amper 3… en ek bid… ek bid vir almal in SA

Didi ·

TRAGIES!! My hart skeur van pyn oor nog n pragtige, onskuldige, kind se onsinnige Moord. Hoekom? My hart gaan uit na hierdie ma wat deur hierdie pyn moet gaan. Here, beskerm asb ons kinders.

Elvira ·

Die swart Mercedes Vito moes een of ander tyd brandstof ingooi. Dalk het die kringtelevisie die nommerplaat afgeneem. Hoop polisie kyk by vulstasies na hulle kameras sodat die moordenaar spoedig gevang word. Ons moet doodstraf in hierdie land terugkry.

JoeV ·

Wat ‘n jammerte! Hoop hulle spoor die verandwoordelike persoon spoedig op. Die ergste ding wat ‘n ouer kan oorkom, daar is nie woorde nie.

Chantall ·

Dit is so hartseer. Waar gaan ons land heen?
Dit voel met tye of God sy rug op ons gedraai het met al die seer en pyn en die gemors wat die oorsaak is stap met n smile weg.
Kyk wat gaan aan met ons universiteite…watter mens met n gesonde denke kan gratis studies verplig in n land met soveel korupsie. Waar dink hulle moet die fonde vandaan kom.
Die dinge maak my negatief om te sien hoe loop alles in ons land uit op n groot groot gemors.

DS ·

So onnodig. NOG’n onskuldige lewe geneem net omdat hulle kan. My innige meegevoel aan die ouers wat nou moet probeer aangaan met hulle lewe wetende dat hulle pragtige dogter haar laaste ure op aarde in verskriklike vrees moes wees.

Hartseer ·

‘n Enigste kind… Hoe onuitspreeklik hartseer en getraumatiseer moet die ma wees. Ek kan my nie eens probeer indink hoe sy moet voel.. hoe die meisie moes ly voor haar dood nie.. Ag Here, hoe lank nog..?

Hannelie ·

Eers Anisha en Joey van Mooinooi, nou Siam! DOODSTRAF ASSEBLIEF !!! Ons land is besig om te vou en ons mense te faal.

Joey ·

Elke dag wat ek SA nuus lees, weet ek, ekt die regte besluit gemaak en is landuit 6jaar terug. Sterkte aan die familie, en die res in daai plek.

Andrea ·

Jy was dapper en sterk om die stap te neem. Daarom sal jy en jou kinders in vrede en veiligheid lewe. Bid vir ons wat hier vasgevang is.

JdV ·

Here, neem hierdie kind se moeder in U arms en vertroos haar met U liefde en vrede. Gee haar die krag om te midde van hierdie ondraaglike en onuitspreekbare pyn staande te bly. Terwyl ons bid dat die moeder deur U vertroosting berusting sal vind, bid ons ook dat daar in die harte van U kinders in hierdie land nooit, maar nóóit, net ‘n gelate aanvaarding sal posvat oor die moord en slagting onder ons nie. Laat ons met woord en daad hierdie euwels beveg. Nie uit wraakgierigheid nie, maar uit liefde vir U en U koninkryk. Uit liefde vir reg en regverdigheid. Here, ons hoop en verwagting is in U.

Vermeende ·

Ja, slegte goed gebeur wanneer goeie mense niks doen nie.

Boesman ·

Dis hartverskeurend…………… die wereld is deesdae so boos !!!
Wonder of die skuldiges ooit gevang sal word.
Wat my net woedend maak is dat hierdie nie eers die nuus haal nie, maar die hele wereld was in oproer oor ‘n krimineel wat in ‘n kis gedruk is.

Heidi ·

Dis nie God wat ons verlaat nie, dis omrede ons dink ons het God nie nodig nie. Ons moet ons afhanklikheid van God besef en volhard in gebed. Bid vir ons vyande om tot bekering te kom. Bid vir liefde, genade en vergifnis. Om meer haat en dood te wens en verkondig maak ons niks beter. Die pragtige meisie en dames van Mooinooi het nie sulke genadelose wreedheid verdien nie. Maar ons moet ook besef die oordeel kom ons nie toe nie. God se oordeel is daar.

HPV ·

Wat mens bekommer, mense word daagliks op die mees aaklige maniere vermoor en dit is asof dit nie meer mense raak nie. Dit het amper ‘n normale deel van ons lewe geraak. Niemand gee meer werklik om nie. Selfs ons kerke swyg!

Gesiggie ·

My hart ruk in stukke vir die Ma…. ek was so hoopvol, en het so gewens vir goeie nuus…. en ek stem saam Hannelie… BRING DIE DOODSTRAF TERUG. Dit kan nie so aangaan… sterkte aan die Siam Lee se Ma, haar Familie… Hoop die moordenaar word gevang…

Wonder ·

Ek hoop die regering gaan die familie ook finansieel bystaan soos die trekker geval se mense!

Frans C ·

Wat ‘n tragedie,hoe verskriklik en bykans ontroosbaar moet die verlies vir haar ouers wees.
Dit help nie om te praat want die wat wet en orde moet handhaaf huisves self misdadigers.
Onder die ANC-bewind het die getal moorde feitlik verdriedubbel, van 7000 per jaar tot
in sommige jare meer as 21000.

Dit is tyd dat die Blanke bevolking inbesonder wakker skrik, jong kinders al is hul hoe rebels
en wil hul eie ding doen is nie veilig in Suid Afrika nie.Die getal verkragtings en moorde onder alle bevolkingsgroepe is skrikwekkend.

Terwyl dit aan die gang is aarsel die ANC om van ‘n President wat wilde beloftes maak en onder die skuduwee van staatskaping en korrupsie leef ontslae te raak.Was dit dan wat wag
nadat derduisende jongmans ‘n groot deel van hul lewe opgeoffer het om in ‘n burgermag te dien.

Berigte soos die ontketen ‘n magtelose woede in my en verstaan ‘n mens die emosies wat Totius in sy gedig-O Die pyngedagte so roerend na vore bring.

BOLANDER ·

Hello Andrea. Ek stem saam met jou. Maar verskil wel dat dit nie die land wat siek is nie, maar wel die mense in die land!!!!

Marco ·

Ai dit is bitter erg, my hart bloei vir haar ouers. Dan se hulle mens moet nie haat nie?!

KITTY ·

Sterkte aan die familie, so mooi mens.
Sy is veilig by die Here, sy het nou geen pyn meer nie.
Rus sag.

Elsa ·

So so jammer dat dit gebeur het, ons gebedes is regrondom die familie, ons arresteer die moordenaar in die gees in Jesus se Naam….ons sal waaksaam moet wees op elke pad

JoeV ·

Was daar genoeg gedoen om die meisie te help. In die moderne tyd wat ons leef is daar so baie wat gedoen kon gewees het. Al die vrae op al die hartseer wat die ouers nou moet beleef, ondenkbaar.

Sue ·

So ‘n pragtige meisiekind. Ek kan my nie indink wat sy deur gemaak het in haar laaste minute / ure nie. Waarvoor verbrand hy haar??????????? Was sy nog lewendig toe hy haar gebrand het of wat? So baie vra. Arme ouers en familie. Ek bid vir julle vir berusting.

Boerseun ·

Nog ‘n rassistiese swart-op-wit moord. Waar is die ANC-leiers nou om hierdie rassistiese haatmoord te veroordeel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.