Siamese tweeling in KZN gebore

Mackanjee (links) en Dhlomo by die siamese tweeling.

Mackanjee (links) en Dhlomo by die siamese tweeling.

ʼn Siamese tweeling is vroeër die maand in Pongola in KwaZulu-Natal gebore.

Die dogtertjies is aan die bors en buik verbind en deel verskeie organe waaronder ʼn lewer. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesonderheid in KwaZulu-Natal, het Vrydag die dogtertjies in die Inkosi Albert Luthuli Sentraal-hospitaal in Durban besoek.

“Die uitkoms hiervan sal God se wil wees, maar in die hospitaal sal hulle die beste sorg ontvang,” het Dhlomo gesê. “Hierdie is die beste hospitaal aangesien al die kenners onder een dak byeen is.”

Die dogtertjies is op 8 Oktober by hul 31-jarige ma se huis in Pongola gebore. Dr. Harshavadan Mackanjee, die dogtertjies se pediater, het gesê dit gaan goed met die tweeling en dat hulle sonder enige hulp asemhaal. Hulle kry wel binne-aarse voeding.

Volgens Mackanjee is die dogtertjies se geval nie so ingewikkeld nie aangesien elkeen haar eie noodsaaklike organe soos ʼn hart en longe het. “Die dokters het aangedui dat hulle op ses maande die moontlikheid om te opereer sal oorweeg,” het Dhlomo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marianne ·

Dat hulle lewe is ‘n gawe van Bo. Mag hulle goed aansterk sodat hulle suksesvol geopereer kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.