Sibanye-Stillwater het gesê die mynmaatskappy het Vrydag ʼn mylpaal met belanghebbendes bereik oor gesondheid- en veiligheidskwessies by al sy myne.
Die maatskappy het ʼn veiligheidsberaad in Johannesburg gehou ná ʼn aantal noodlottige ongelukke by sommige van sy myne. Dit volg ná die dood van nog ʼn werker Dinsdag by sy Khomanani-myn in Driefontein. Altesaam 21 van die 45 sterftes by Suid-Afrikaanse myne vanjaar, het by Sibanye plaasgevind.
Die beraad is onder meer deur departement van minerale hulpbronne en vakbonde soos Amcu, NUM en Solidariteit bygewoon.
Die partye het na afloop van die beraad hulself verbind tot ʼn gesamentlike eed en ʼn plan van aksie om gesondheid- en veiligheidskwessies te verbeter en die veiligheid en welstand van werkers te verseker.
Die vraag is of die werkers ook die eed gaan teken en veiligheidsmaatreels gaan nakom.
Jy kan soveel matrieels in plek hê, maar as hulle kortpad vat kan jy niks daaraan doen nie. Op die einde van die dag word die bestuur van die myne ge blameer en die Unies dra niks by nie. Net opsweeping.
Die myn is veronderstel om te sorg dat alle veiligheids vereistes in plek is. Die werkers moet al die regelasies nakom, dus het albei ‘n verantwoordelikheid
Ek sou graag wou sien dat so ‘n eed ook uitgebrei en onderteken word deur die regering, provinsies en munisipaliteite vir die verbetering en instandhouding van infrastruktuur, dws slaggate, verkeerstekens ens. wat oa ook dus veiligheid insluit. Ja, ek weet daar is ‘n grondwet wat dit bepaal maar net soveel werd is as die papier waarop dit geskryf staan. 25 jaar op die myn het my ook tot die gevolgtrekking gebring dat jy aangewese is op jou eie veiligheid asook diegene wat onkundig is in die bedryf maak nie saak of hulle vir jou werk aldan nie.
Wanneer ek veiligheidsreels wil afdwing word ek beskuldig van patriargisme, rassisme en wie weet wat als nog.
Elke persoon wat nie die veiligheidsreëls nakom nie, behoort dissiplinêr aangekla te word en summier afgedank word. Die probleem is net, hoe dwing mens dit af?