Sibanye-Stillwater: Dodetal styg tot vier

mynboubedryf-mynbouhandves-steenkool

Foto: Hangela/Pixabay.com

Sibanye-Stillwater se Masakhane-myn in Driefontein het bevestig die dodetal het tot vier gestyg ná seismiese aktiwiteit Donderdag by dié Wes-Randse myn.

Die myn het Vrydag in ʼn verklaring gesê drie werkers is steeds ondergronds vasgekeer en ses ander herstel in ʼn plaaslike hospitaal nadat hulle gered is. Een van die drie wat ondergronds vasgekeer was, is opgespoor, terwyl die ander twee werkers nie rekenskap voor gegee kan word nie.

Altesaam 13 werkers was Donderdag omstreeks 14:30 ondergronds vasgekeer ná die seismiese aktiwiteit wat 2.2 op die Richterskaal gemeet het.

Alle bedrywighede by die myn is opgeskort.

Die bestuur van die maatskappy het medelye met die gesinne van die oorledenes betuig en beloof om alles moontlik te doen om die oorblywende werkers op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.