Sibanye-Stillwater: Nehawu, Cosatu eis dat koppe rol ná twee sterf

Argieffoto

Die National Health and Allied Workers Union (Nehawu) en die vakbondfederasie Cosatu het Woensdagaand geëis dat al die werksaamhede by Sibanye-Stillwater-myne met onmiddellike effek gestaak moet word ná die dood van twee mynwerkers by een van sy myne.

Maroela Media het vroeër berig die twee mynwerkers wat by dié maatskappy se Kloof Gold-myn suid van Johannesburg vasgekeer was, is oorlede. Die twee werkers is Woensdag in die vroeë oggendure by dié myn se Ikamva-skag vasgekeer ná ʼn grondstorting wat na bewering deur ʼn seismiese gebeurtenis veroorsaak is. Nog net een van die persone se liggame is opgespoor en na die oppervlak gebring.

Dit kom nadat meer as 950 mynwerkers verlede week by Sibanye-Stillwater se Beatrix-groudmyn vasgekeer was weens ʼn kragonderbreking wat die werkers verhoed het om weer na die oppervlak te kom. Die DA het vroeër gesê dié voorval het groot tekortkominge in die nood- en reddingsplanne aan die lig gebring.

Zola Saphetha, algemene sekretaris van Nehawu, het in ʼn verklaring gesê die staatsdiensvakbond is “baie bekommerd” oor die dood van die twee persone en wat dit beteken oor die veiligheid van dié maatskappy se myne.

“Dit is hoogs onaanvaarbaar dat die voorval by die Beatrix-groudmyn nie die maatskappy genoop het om meer aandag te gee aan kwessies oor veiligheid en gesondheid nie,” het sy gesê.

“Nehawu versoek die instel van nuwe wetgewing wat maatskappye straf wat nié maatreëls in plek stel om die verlies van lewens te verhoed nie. Die maksimalisering van wins moet nooit belangriker wees as die welstand van werkers nie. Ons ondersteun Cosatu se beroep dat Sibanye-Stillwater al sy werksaamhede landwyd met onmiddellike effek moet stop.”

Saphetha het gesê Nehawu en die National Union of Mineworkers (NUM) beoog om teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, te betoog omdat hy nie verseker dat mynmaatskappye aan veiligheidstandaarde voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan. H. ·

As weksaamhede moet staak, staak sommer hul salarisse ook,,,, Verdomp man ,,, cosato het teveel se,,, al die unies het teveel se,,,

Vervang ·

Een van die dae word mynwerkers met robotte vervang, robotte word geprogrammeer om veiligheidsmaatreels streng na te kom, en hulle is nie entitled tot die ganse wereld nie.

Waters ·

‘Stille waters diepe grond . . . ‘ Ek het vir 25 jaar ondergronds gewerk as opmeter en etlike ongelukstonele besoek en planne moes indien vir die destydseInspekteur van Myne. Enigiets is hier moontlik en ek weerhou my van verdere kommentaar. Die nodige inspeksies sal gedoen word en daarvolgens sal opgetree word.

Chris Ws ·

Ek het op Kloofmyn geleer vir ‘n myner vir 12 maande.Die grond in die omgewing skud gedurig.Die inspekteur van myne sal sy ondersoek doen en dan sal die skuldiges, indien enige ,aangekla word.Die unies maak net lawaai om nog lede te werf.Hulle weet nie hoe dit onder in ‘n myn lyk nie!

Albaster ·

Hulle moet gaan betoog teen die aardskudding! Stoute rotsformasies!

CHRISTA ·

Dis net jammer hulle maak nie so ‘n bohaai oor minibustaxi-ongelukke wat ELKE DAG tientalle sterftes veroorsaak nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.