Sibanye-Stillwater: Sommige vasgekeerdes gevind, een dood

Argieffoto

Vyf van die 13 werkers wat Donderdag ná seismiese aktiwiteit by die Sibanye-Stillwater Masakhane-myn in Driefontein vasgekeer was, is deur reddingspanne bevry. Een van dié vyf werknemers het beswyk aan sy beserings.

Die maatskappy het laat Donderdagaand gesê twee van die ander moes na die hospitaal vervoer word. “Nog drie werknemers is opgespoor en reageer op die reddingspan,” het die maatskappy gesê.

Die bestuur van die maatskappy het medelye met die gesin van die oorledene betuig en beloof om alles moontlik te doen om die oorblywende werkers op te spoor.

Die National Union of Mineworkers (NUM) het vroeër Donderdagaand gesê hulle is “baie bekommerd” ná die werkers ondergrond vasgekeer is.

Peter Bailey, voorsitter van gesondheid en veiligheid by NUM, het gesê hulle is bekommerd en kwaad oor die tempo waarteen gesondheids- en veiligheidskwessies by dié myn plaasvind.

Intussen het die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) ook gesê hulle is bekommerd oor die  “slegte gesondheidsrekord wat agteruitgaan” by dié myn.

James Wellsted, hoof van beleggersbetrekkinge by Sibanye, het vroeër gesê die seismiese aktiwiteit het sowat 14:30 plaasgevind.

Reddingspanne is onmiddellik geaktiveer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

TDW ·

Dis vreeslik! Baie sterkte aan die wat nog vasgekeer is en voorspoed vir die wat alreeds gered is.

m.d.r. ·

Terwyl mens bitter jammer voel vir die myners en hulle naasbestaandes, moet ek tog byvoeg dat ‘n seismiese gebeurtenis nie deur enig een voorspel kan word nie.
Seismiese aktiwiteite is so oud as die mynbou self.
My agtergrond in mynbou strek vanaf 1963–beginnende in daardie selfde gebied waar hierdie ongeluk gebeur het.

Geen myn, tref nie veilgheids maatreels toe om sy werkers te beskerm nie. Almal doen wat hulle kan–soveer dit binne hulle kennis en vermoe moontlik is.
Wat my kwaad maak, is die alewige verwyte en beskuldigings vanaf organisasies soos NUM en Cosatu oor die “verslegtende veiligheids toestande ” by myne waar daar sulke seismiese aktiwiteite plaasvind.

AS julle dan so bekommerd is —-moenie dat julle lede daar gaan werk nie. Beter plan: sluit sommer die myn…dan is almal veilig….!

Haibo ·

Ja vreemd dat daar net op sekere mense se lewens ‘n waarde geplaas word en as die kans bestaan dat hulle nog kan EIS van die myn, des te beter .. Dit is ‘n Natuurramp .. en al sit jy watter veiligheidsmaatreels in plek, die dinge gebeur .. Soos ‘n ander kommentator hier gese het, as die risiko in die myn vir jou te groot is, kry ander werk .. die myne kan ook net SOVEEL doen om veiligheid te verseker . en dit is BAIE STRENG!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.